|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Mnr. Francois Strydom (50) is as Senwes se nuwe besturende direkteur aangestel na hy sedert verlede maand in dié pos waargeneem het.
Strydom, wat voorheen Senwes se bedryfsdirekteur was, het sedert mnr. Johan Dique se bedanking aan die einde van Julie, waargeneem.
Mnr. Japie Grobler, voorsitter van Senwes, sê die aanstelling was ‘n eenparige besluit. “Dit bevestig die vlak van gevestigde leierskap wat binne die maatskappy bestaan.”
Strydom, met ‘n honneursgraad in veekunde, het sy loopbaan as veekundige by Afgri (destyds OTK) begin. Hy was binne 13 jaar as die hoof van dié maatskappy se graanbedryf aangestel. In 2001 het hy by Senwes aangesluit en was na die destydse Kolosus Holdings as besturende direkteur gesekondeer.
Nadat dié genoteerde maatskappy omgekeer en ontbondel was, het hy in Desember 2001 na die posisie van bedryfsdirekteur by Senwes verskuif.
Senwes is steeds besig om kandidate vir die posisie van finansiële hoof in te win.
10 Augustus 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)