Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Shuttleworth-soek-planmakers

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Shuttleworth soek planmakers

 
JOHAN COETSEE (jcoetsee@landbou.com)

Mark Shuttleworth, bekende Suid-Afrikaner, steek heelwat geld in 'n projek om mense met oorspronklike en werkbare idees se drome te bewaarheid.

Mark Shuttleworh, naas Nelson Mandela een van die bekendste Suid-Afrikaners, wil nou ook 'n hand aan die landbou reik. HBD Venture Capital, 'n maatskappy wat hy gestig het, wil boere (en enige ander entrepreneurs wat innoverend dink en met goeie en werkbare idees rondloop) help om hul uitvindsels te bou en te bemark.

Mnr. Nicolas Lategan, bemarkingsbestuurder van HBD, sê Shuttleworth het HBD juis gestig om mense te help wat unieke, praktiese en werkbare uitvindsels en innovasies het, maar nie die geld het om dit van die grond af te kry nie. Dikwels het iemand 'n wonderlike idee, maar weet nie wat om daarmee te maak nie. Die meeste goeie idees gaan dan só verlore.

Landbouweekblad het reeds die laaste sowat twee jaar 'n kompetisie aan die gang waarin boere se praktiese planne en werkbare uitvindsels wat hulle op die plaas gebruik, in die tydskrif gepubliseer word. Maandeliks word 'n wenner gekies, en al die wenners kom dan jaarliks in aanmerking vir 'n groot prys.

Lategan sê hulle wil graag hierby betrokke raak omdat daar beslis uitstekende uitvindsels is deur boere, maar van die meeste om die genoemde redes nooit iets meer word nie.

Hy meen as die mense egter van die idees en uitvindsels wat werklik moontlikhede bied, geldelik en andersins ondersteun kan word deur die kennis en infrastruktuur wat HBD bied, dit baie mense sal aanspoor tot optrede en wonderlike nuwe praktiese dinge wat die wêreld 'n beter plek kan maak.

Boere moet besef dat HBD nie elke boerepatent kan ondersteun nie, maar slegs dié wat werklik internasionale potensiaal het en die nodige bestuur het om dit te kommersialiseer. Lategan sê die mandaat van HBD is om te belê in sakekonsepte wat aan sekere kriteria voldoen: Dit moet van Suid-Afrikaanse oorsprong wees, daar moet 'n tegnologiese innovasie in die produk of diens ingebou wees, dit moet die potensiaal hê om wêreldwyd aanklank te vind, en dit moet in sy kinderskoene wees.

Shuttleworth het reeds meer as R30 miljoen in private maatskappye in Suid-Afrika belê, en daar is steeds meer geld beskikbaar vir nuwe besighede en ontwikkelings met moontlikhede.

Wat dit uitsonderlik maak, is dat HBD feitlik die enigste maatskappy in die land is wat bereid is om geld te belê in innoverende opkomende besighede wat nog nie 'n bewese rekord van sukses het nie. HBD wil vir entrepreneurs wat nie alleen die mas kan opkom nie die geleentheid skep om op die been te kom. HBD het ook in 2003 'n "innovasiebroeikas" genaamd Upstarts begin. Die doel hiervan is om talentvolle potensiële entrepreneurs te identifiseer wat iets van die ideestadium af kan ontwikkel tot 'n prototipe. Upstarts bied R100 000 per mens aan en vereis dat die entrepreneur binne twaalf maande spesifieke resultate moet lewer.

Dit sluit in die ontwikkeling van 'n werkbare prototipe, marknavorsing en die onwikkeling van 'n lewensvatbare sakeplan. Kantoor- en kommunikasiegeriewe sal deur die maatskappy voorsien word in ruil vir 'n belang in die produk. Lesers kan meer besonderhede kry by www.upstarts.co.za

Daar is verlede jaar reeds begin met die The Big Idea-konferensies wat gefokus was op die ontwikkeling van entrepreneurs. Meer as 700 entrepreneurs het byeengekom om meer te leer oor hoe om hul besighede te bestuur. Die konferensies word weer vanjaar aangebied. Besonderhede is te kry by www.thebigidea.co.za

HBD het ook 'n skema vir mikro-ondernemers in die swart woonbuurte. Boere en ander idee-mense kan meer inligting kry deur die webtuiste www.hbdvc.com te besoek.

  • Navrae: mnr. Nicolas Lategan, tel. 021 970 1032 of e-pos: nicolas@hbd.com.

    5 Maart 2004

  • 0
     
     
    • 2430 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Gids vir identifikasie van vee
    • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Rodeo ontstig én vermaak
    • Afrisim wek groot belangstelling
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction