Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Sindikaat-dalk-agter-veediefstal

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Sindikaat dalk agter veediefstal

 
Deur LUCILLE BOTHA

‘n “Hoogs professionele” sindikaat is moontlik agter die veediefstal wat tans in die Durbanville- en Philadephia-gebied voorkom.

Veediefstal in dié gebied het die afgelope drie maande hand uitgeruk. Meer as 200 skape en sowat drie beeste is op plase, soos Groot Phesantekraal, Meerendal en Diemersdal, gebuit.

Produksie ly ook
By mnr. André Brink van die plaas Groot Phesantekraal is 74 skape gesteel waarvan hy 11 teruggevind het. Hy sê met die huidige prys van sowat R51 per kilogram kom dit neer op ’n verlies van bykans R1 200 tot R1 500 stuk.

By een boer is 16 ramme, sowat R5 000 stuk werd, gesteel. Daar is ook die verlies aan produksie wanneer plaaswerkers moet spoorsny in ’n poging om die verlore vee op te spoor.

Op ’n onlangse vergadering tussen die SA Polisiediens, die veediefstaleenheid op Malmesbury, die misdaad-inligtingsdiens, individue en Durbanville se landbouvereniging is bekend gemaak dat die diewe professioneel is en moderne tegnologie, soos selfone, gebruik om die misdaad te pleeg.

Die landbouvereniging se bestuur het aan sy lede gesê die misdadigers ken die gebied baie goed en beplan hul operasies noukeurig.

Lees ook: Veediefstal: Probleem in Bothaville

Groter sindikaat
Die moontlikheid bestaan ook dat hulle “op bestelling” vir ’n groter sindikaat steel.

“Hulle tree op in groepe met ongeveer ses mense wat die skape aanjaag en twee mense wat op die voorafbepaalde roetes die drade knip.” Die roetes word met merkers, soos blikkies of sakke, gemerk. Boere is gevra om nie die merkers te verwyder nie, want dit kan die kans vir inhegtenisnemings beperk.

Die polisie doen ’n beroep op boere om seker te maak skape se halsbande is in ’n werkende toestand, met gelaaide batterye en die tyd daarvan moet reg gestel wees. Indien die halsband alarm maak (gewoonlik ’n selfoonoproep na die produsent), moet die polisie se bystandsfoon by 082 469 7358 geskakel word.

Boere is gevra om nie met bakkies en ligte na die skurke te gaan soek nie. Dit sal hulle laat spaander en inhegtenisneming in die wiele ry. Daar moet versigtigheid aan die dag gelê word om nie bewyse, soos voetspore, te vernietig nie, aangesien die bewyslas in veediefstalsake moeilik is.

Lees ook: Veediefstal steeds erg in Gauteng

11 Julie 2011
 

0
 
 
  • 1279 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Druifprobleme onder die loep
  • Korrel vir korrel kom gehalte in die bottel
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction