|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Suid-Afrikaanse sitrusboere gaan vanjaar hul vrugte in Amerika bemark onder die vaandel "Somersitrus uit Suid-Afrika." Deur dié veldtog hoop hulle om bewustheid onder invoerders, die vrugtehandel en verbruikers aan te wakker en hul markaandeel mettertyd aansienlik te verhoog.
Die land se sitrusboere pluk hul vrugte in die plaaslike winter, van Mei tot September. Só kan vars en sappige vrugte van hoë gehalte tydens die Amerikaanse somer daar bemark word, sê mnr. Piet Smit, voorsitter van die Suid-Afrikaanse alliansie vir die uitvoer van sitrus na Amerika.
Diá sitrusalliansie is 'n vrywillige assosiasie van plaaslike boere wat saamwerk om koste in die logistieke ketting te bespaar. Alle boere wat vrugte het wat aan die streng standaarde van die Amerikaanse mark voldoen, kan aansluit. Sitrusvrugte vir die Noord-Amerikaanse mark word hoofsaaklik in die Wes-Kaap en by Vaalharts in die Noord-Kaap geproduseer.
Die Suid-Afrikaanse bemarkingseisoen in Amerika begin dié maand met clementines, gevolg deur nawels. Valencia-kultivars sal die seisoen afsluit.
18 Junie 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24