Deur AMELIA GENIS
25 Mei 2012

611 keer gelees | 0 kommentaar

Suid-Afrika en Australië gaan dalk vandag hoor watter land die SKA-projek gaan huisves.


Suid-Afrika en Australië gaan dalk vandag hoor watter land die SKA-radioteleskoopprojek gaan huisves.

Die SKA-organisasie, ’n Britse maatskappy met wetenskap- en navorsingsinstansies in Suid-Afrika, Australië, China, Italië, Nieu-Seeland, Nederland, Kanada en Brittanje as lede, vergader vandag in Nederland om te besluit watter een van die twee lande die projek sal huisves.

Alle lede, behalwe dié van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland, sal vandag kan stem. As die lande met stemreg nie vandag eenstemmigheid bereik nie, sal die besluit uitgestel word.

Die aankondiging sou oorspronklik op 4 April gemaak word, maar is uitgestel. ’n Klein wetenskap-werkgroep is toe saamgestel om ’n meer inklusiewe benadering te bespreek. Die groep is veronderstel om vandag terugvoering te gee.

Die moontlikheid dat die bod om die projek te huisves aan albei lande toegeken word, is nie uitgesluit nie. Indien die SKA-organisasie vandag ’n besluit neem, sal die Regering joernaliste tydens ’n mediakonferensie later vandag in Kaapstad en Pretoria toespreek.

Klik hier vir meer inligting oor die SKA-projek.

25 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights