|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Treurgrond, ’n skokkende boek wat hulde bring aan slagoffers van plaasaanvalle in Suid-Afrika, is Woensdag (24 Augustus) in Pretoria bekend gestel.
Dr. Dirk Hermann, wat die boek saam met maj. Chris van Zyl saamgestel het, sê die boek handel oor plaasaanvalle wat die afgelope 20 jaar plaasgevind het.
Dit vertel die verhaal van 1 363 moorde wat tydens 2 617 aanvalle op plase en kleinhoewes gepleeg het. Dié statistieke is gegrond op voorvalle wat die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) oor dié tydperk aangeteken het.
Volgens Hermann maak die boek nie daarop aanspraak dat elke voorval wat plaasgevind het, daarin opgeteken is nie.
“Ek kry talle oproepe van mense wat bel en vra ‘is ons storie ook daarin geskryf?’ en dan is dit nie. Dít is deel van die hartseer dat plaasmoorde en -aanvalle nie meer aangeteken word nie.”
Dispute is rede?
Volgens Hermann wys prof. Herman van Schalkwyk, ’n landbou-ekonoom, in die boek daarop dat arbeidsdispute, wat gereeld as die rede vir ’n plaasmoord of -aanval gegee word, wel nié die probleem is nie.
“Volgens Van Schalkwyk kan slegs 1,25% van die voorvalle aan die een of ander arbeidsdispuut toegeskryf word. Maar selfs dan regverdig dit nie die wreedheid van die voorvalle nie. Die verslae wat dus so gereeld bekend gestel word en wat daarop aanspraak maak, is net mites,” vertel Hermann.
Internasionale veldtog
Die wins van die Afrikaanse boeke wat verkoop word, sal gebruik word om ’n Engelse eksemplaar van die boek in die buiteland te versprei. Hermann sê die bekendstelling sal met ’n groot internasionale veldtog oor plaasaanvalle in Suid-Afrika opgevolg word.
“Ons vertrou dat die boek ’n nasionale en internasionale dialoog oor plaasaanvalle dermate sal aanwakker dat die Regering die kwessie nie langer sal kan ignoreer nie,” sê Hermann.
Verskeie slagoffers het hul hartroerende stories tydens die bekendstelling vertel.
Die boek kan teen R150 bestel word deur die woord “Treur” na 34388 te SMS.
24 Augustus 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek sal graag die boek wou koop en lees.
Ek is bly dit is in Afrikaans, maar tog sou gou moontlik ook in Enegsl vertaal te word, sodat die buiteland kan weet wat hier aangaan.
Is dit net ek of verbeel ek my "ons" buitelanders lees meer landbouweekblad as die "locals" :)
Dit is Generaal Majoor Chris van Zyl en nie net Majoor nie.
Ek het Treurgond nog nie eers gelees nie maar weet dit sal goed wees, dankie vir Dr. Dirk en Maj. Chris vir al hulle harde werk en hulde wat gebring word, ons is trots om nog sulke AFRIKANERS te kan he baie Dankie
Ek doen sendingwerk in die buiteland en wil graag betrokke raak om die buiteland meer bewus te maak in wat aangaan in Suid Afrika. Ons buurman is ook geskiet naby Escort en my hart lê in my land!
Daar gebeur nog goeie dinge in ons land! Dankie Majoor van Zyl. Ook 'n buitelander wat beslis die boek sal koop!
Dis jammer die boek is nie oorsee beskikbaar of vir mense sonder selfone nie.
Hallo Daan. hy word net as Majoor beskryf. Groete, Alani
(MAJOOR? Chris van Zyl. Nie dalkies Generaal Majoor Chris van Zyl nie? Check net.
Ek is in die Engelsprekende buiteland en die spul WEET NIKS!
Roer daai Engelse weegawe asseblief. Groetnis
Waar en wanneer kan ons die engelse weergawe bekom?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)