|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Die jongste uitbreek van Slenkdalkoors, wat hoofsaaklik die Vrystaatse sentrale distrikte die eerste keer in dekades teister, het sy eerste menslike slagoffer geëis.
Die Departement van Gesondheid het bevestig dat ’n werker van die Tsepong-goudmyn by Odendaalsrus aan die siekte beswyk het. Die man, wie se besonderhede met die ter perse gaan nog nie bekend gemaak is nie, het op die dorp gewoon en die oorsaak van sy besmetting is onbekend. ’n Ondersoek sal vasstel of hy besmette vleis geëet het.
Intussen vorder die toestand van die vier ander bevestigde gevalle van Slenkdalkoors. Hulle is onderskeidelik van Bloemfontein, Bultfontein, Hoopstad en Winburg.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes gaan ook voort om moontlike gevalle van Slenkdalkoors uit te wys nadat verskeie mense reeds getoets is.
Bloemfonteinse veearts
Dr. Stephan Wessels, ’n veearts van die Langenhovenpark-dierekliniek in Bloemfontein het siek geword nadat hy nadoodse ondersoeke op karkasse gedoen het. “Ek het nie beskermende klere gedra nie, want ek het nie geweet dit is Slenkdalkoors nie. Ons weet nie hoe lyk Slenkdalkoors nie, omdat dit langer as 30 jaar laas hier voorgekom het,” sê Wessels. Dit gaan nou beter met hom.
Volgens Wessels is Onderstepoort se entstof op. Aan hom is gesê hulle sal eers in April weer entstof lewer. Intussen moet boere karkasse aan hul staatsveearts lewer wat goed toegerus is om die biopsies te doen en aan Onderstepoort te stuur vir ontleding.
Volgens die Vrystaatse afdeling veeartsenydienste se sensus-opname van sowat 60 000 groot- en kleinvee meer as ’n week gelede, het reeds meer as 1 200 diere op die sowat 35 bevestigde aanmeldings van Slenkdalkoors op plase gevrek.
9 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)