|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Die volgende besending dooie entstof vir Slenkdalkoors word eers aan die einde van April of die begin van Mei verwag, sê mnr. Willie Botha, bestuurder van spesiale projekte by Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP). Hy sê hulle het tans geen voorraad nie, hoewel hulle baie lewendige entstof in voorraad het.
“Ons het onlangs nog 6 miljoen dosisse lewendige entstof vervaardig, wat beteken nog 60 000 bottels is beskikbaar,” verduidelik Botha. Lewendige entstof is egter nie geskik vir dragte diere binne die eerste twee maande van dragtigheid nie. Volgens Botha kan dit wel aangewend word vir diere wat langer as drie maande dragtig is.
Beskikbaarheid
Botha sê boere kan dié entstof direk van hulle af bestel, maar hy raai aan dat hulle dit by plaaslike koöperasies bestel of aankoop. Hy sê die OBP het ook al heelwat entstof aan die Regering in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap voorsien.
Intussen sê me. Charity Bhengu, woordvoerder vir die Ministerie van Gesondheid, 47 gevalle van menslike besmettings is tot dusver landswyd bevestig. Luidens ‘n berig van News24.com sê sy vyf nuwe gevalle is onlangs deur die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes bevestig.
In die Vrystaat is 41 menslike gevalle bevestig, terwyl drie gevalle in die Noord-Kaap en die Oos-Kaap onderskeidelik bevestig is. Die siekte maai intussen onder vee met talle nuwe gevalle wat bevestig is.
Twee persone het reeds in die Vrystaat aan die siekte omgekom. Volgens Bhengu het die meeste van die gevalle gevolg op direkte kontak met besmette vee of karkasse.
lees ook:
Wes-Kaap kry buffer teen Slenkdalkoors
25 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Die entstof vervaardiger is Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), nie OBD soos berig
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)