Slenkdalkoors is ‘buite beheer’

 

 Die uitbreking van Slenkdalkoors in die Vrystaat en die Noord-Kaap is buite beheer, sê dr. Louis van Rooyen, adjunk-direkteur van die Departement van Landbou se veeartsenydiens in die provinsie. Die siekte versprei boonop vinnig na ander distrikte.

’n Groot uitbreking van Slenkdalkoors weens die reënerige toestande die afgelope tyd het reeds die lewe van ’n man in die Vrystaat geëis. Die siekte is by nog ses mense in die Vrystaat en die Noord-Kaap gediagnoseer.

Versprei vinnig
Boere, plaaswerkers en veeartse wat met besmette karkasse werk, loop die grootste risiko om die siekte op te doen. Van Rooyen sê die siekte is op 38 plase bevestig en die resultate van bloedmonsters van nog 69 plase word afgewag. Die siekte is besig om vinnige na ander distrikte van die Vrystaat te versprei.

In die Noord-Kaap word die voorkoms van slenkdalkoors onder beeste op ’n plaas by Kakamas streng dopgehou en beheer. 

Dr. Nas Coetzee, ’n staatsveearts in Bloemfontein, sê  die epidemie word vererger omdat die water in die panne nog nie opgedroog het nie en nuwe geslagte muskiete uitbroei. Hy merk ook dikwels digte swerms muskiete by panne op.

Dooie entstof op
Volgens Coetzee kan die getal vrektes meer as twee keer die amptelike vrektesyfer beloop omdat talle boere nie meer die vrektes aanmeld nie. Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het intussen laat weet dat sy voorraad dooie entstof, wat veral in dragtige diere teen slenkdalkoors gebruik word, uitgeput is. Dit sal volgende maand weer beskikbaar wees.

Lees ook:

Boer ontslaan na Slenkdal-skrik

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 19 Maart 2010.

12 Maart 2010
 

4.666665
 
 

Kommentaar

Janbez

Vrektes oor Slenkdalkoors moet by die staatsveearts aangemeld word.
Jan bez, landbou.com

Gawie De Wit 

Waar moet boere die vrektes aanmeld?

Tania 

Dit is so jammer om te hoor van al die skade wat die boere al ondervind het van slenkdal . Ek het nou regtig gedink die muskiete gaan nou minder word. Al wat ek kan se, is dat die boere maar aalwynsap in die diere se drinkwater kan gooi. Dit hou nogal die insekte in 'n mate op 'n afstand.

Onbekende besoeker 

Waar sou die muskiete nou vandaan kom, sou daar nie dalk in die Malaria geteisterde gebiede van die muskiete voorkom nie?

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.