Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Sonkrag-bring-min-lig-donkerte

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Sonkrag bring min lig in donkerte

 
Deur THEUNS BOTHA (landbou@mweb.co.za)

Met Eskom se duisternis wat op die land toesak, vestig talle mense hul hoop nou op sonkrag. Maar, sê een van die land se grootste vervaardigers van toerusting wat dié energiebron benut, daar moet gewaak word teen té hoë verwagtinge. Dit is hoogstens 'n hulpmiddel en is boonop nie goedkoop nie.

Met die besoek aan All Power se fabriek in Port Elizabeth wag 'n boer van Springbok in die Noord-Kaap om gehelp te word. "Nee, ek is nie hier om 'n sonkragdompelpomp te kom koop nie. Ek wil sommer al die elektriese toerusting op my plaas met sonkrag aandryf,"vertel hy vir 'n werknemer.

Sy luister geduldig. Sy gee hom 'n pryslys en sê dalk sal dit 'n goeie idee wees as hy eers kyk wat dit hom gaan kos. Dan kan hy later terugkom aangesien al die konsultante besig is om kwotasies vir potensi&eumlle kli&eumlnte landwyd uit te werk.

Wanneer mnr. Sarel Botha, internasionale bemarkingsbestuurder van die maatskappy, eindelik 'n paar minute tyd kry om met Landbouweekblad te gesels, vertel hy dat waar hy normaalweg 50 oproepe per dag ontvang het, meer as 200 mense landwyd hom nou bel vir kwotasies vir die sonkragtoerusting wat hulle vervaardig. Sedert beurtkrag Suid-Afrika se voorland geword het, is daar 'n groot toeloop na hul fabriek in die Baai van mense wat hoop om vinnig gehelp te word.

Die maatskappy waarvoor hy werk, het aanvanklik bekend geword vir diesel- en petrol-kragstelsels en later ook die sonkragpompe wat hulle die afgelope 18 jaar plaaslik en in die buiteland bemark. Deesdae doen hulle egter sake met enige denkbare toerusting wat die son as energiebron gebruik. "Talle mense wat ons kontak, het egter onrealistiese verwagtinge van sonenergie. Hulle meen hulle kan met een sonpaneel al die probleme van 'n kragonderbreking die hoof bied.

"Dit is nie prakties om alle huishoudelike toebehore met sonkrag aan te dryf nie. Dinge soos 'n skootrekenaar, 'n paar ligte en die TV wat relatief min krag nodig het, kan wel suksesvol gesolariseer word.

"Kom dit egter by die ketel, stoof, mikrogolfoond, wasmasjien en ys- en vrieskaste wat baie krag verg, is dit 'n perd van 'n ander kleur. Dan moet hulle dalk eerder gastoestelle of 'n petrol- of dieselkragopwekker oorweeg," sê Botha.

'n Sonpaneel wat 75 W lewer, kan 'n koper meer as R4 000 uit die sak jaag. Hierby moet die prys van batterye (diepsiklus met 'n leeftyd van vier jaar, vurkhyserbattery met 'n leeftyd van tien jaar of glasselbattery met 'n leeftyd van 15 jaar) en 'n omsetter om die krag van 12 V na 220 V om te skakel, bygereken word. "Om dus 'n sonkragstelsel aan te skaf wat die TV, radio, skootrekenaar en sowat ses ligte met energiebesparende gloeilampe vir nie meer as vier uur van krag voorsien nie, kan 'n kopermaklik R20 000 kos."

En as jy nie handig is om dit self te installeer nie, moet die koste van die elektrisi&eumln ook nog bygetel word. Wil jy jou bier koud hou terwyl jy oor Eskom se kragonderbrekings tob en ook die yskas aan dié stelsel koppel, kan dit 'n verdere R50 000 kos.

Waar geld egter nie 'n oorweging is nie, kan dit volgens Botha meer as R300 000 kos om 'n normale huishouding ten volle van sonkrag te voorsien. "Hou egter in gedagte dat dit nie net jou huis se dak gaan wees wat vol sonpanele is nie, maar sommer die hele agterplaas. In dié geval sou dit dus beter wees om eers 'n stoof en yskas wat met gas werk, aan te skaf."

Dit is egter sinvol om sonkrag vir die verwarming van water in te span. Die stelsel wat met installasie tussen R10 000 en R20 000 kos en in Suid-Afrika vervaardig word, is besonder doeltreffend en kan huisbewoners tot 40% op hul kragrekening bespaar. Dit kan ook in kombinasie met gewone krag gebruik word om voorsiening vir swaar bewolkte dae te maak, of as 'n klomp kuiergaste oorslaap wat almal wil bad.

Met die prys van windpompe wat oor die jare skerp gestyg het en 'n span werkers wat dit moet oprig en onderhou, het die gewildheid van die sonkragpompe toegeneem.

Dit kan binne 30 minute deur twee mense geïnstalleer word. Hoewel die prys van die volledige eenhede van R12 000 tot R60 000 wissel, beteken dit nie dat daar nooit weer ander uitgawes sal wees nie. Die diafragmas word elke twee jaar vervang en die pomp moet elke vier jaar tot ses jaar teen sowat R800 (vir onderdele) versien word. Die sonpanele word gewaarborg om vir 25 jaar nie meer as 20% van die oorspronklike kraglewering te verloor nie. Dit kan langer hou, maar die kraglewering neem daarna geleidelik af.

Die waterpompe wat die maatskappy vervaardig, kan oor en oor herstel word. Hoewel die name van die pompe en modelle oor die jare verander het, is die pompe altyd herstelbaar.

"Waar Eskomkrag naby die boorgat is, sal dit steeds goedkoper wees om dít te gebruik tensy die boorgat se lewering baie laag is. In dié geval is die sonkragpompe ideaal aangesien dit nie beskadig word as die watervlak daal en dit droog loop nie. Ook waar boorgate in die veld of in afgeleë gebiede geleë is, is sonkragpompe aan te beveel bo die gebruik van windpompe."

Die sonkragpompe kan in kombinasie met 'n windlaaier en batterye Aangewend word om ook saans water te pomp. Sodra die dam vol is, kan die pomp met behulp van vlotters afgeskakel word om watervermorsing te voorkom.

Die maatskappy bestel sy sonpanele van ondernemings wat dit van Amerika, Duitsland, Spanje, Italië en deesdae ook China invoer. Die totale hoogte wat die water gepomp moet word, bepaal die elektriese stroom wat daarvoor nodig is. Gevolglik is meer sonpanele nodig hoe dieper die watervlak is (8 amp` re word benodig om water op 'n diepte van 160meter te onttrek).

Die panele is betreklik haelbestand, maar in sommige dele van die land is dit 'n groot aantrekkingskrag vir diewe. Die maatskappy het pas 'n skokapparaat bekend gestel wat die voornemende dief sal laat steier. Dit kan deur middel van afstandbeheer aan- en afgeskakel word.

Botha sê aangesien sy maatskappy op ingevoerde sonpanele aangewese is, wat tot sewe keer duurder as in die buiteland is, sal hulle verheug wees wanneer die sogenaamde dunfilmfotovoltaïese panele in Suid-Afrika vervaardig word.

"Ongelukkig word daar lankal verwagtinge hieroor geskep en 'n mens kan maar net vertrou dat die betrokke panele eersdaags beskikbaar sal wees."

Om nie deur die kragonderbrekings onkant betrap te word nie, meen Botha dit sou sinvol wees om 'n UPS-stelsel ("Uninterupted Power Supply") te oorweeg. Na gelang van die grootte van die batterypak kan so 'n stelsel tussen 'n uur en twee dae se krag aan die rekenaar, TV, 'n paar ligte en die hekmotor lewer. Dit kan met Eskom of sonkrag gelaai word en kan tussen R12 000 (1,5 kVa) en R30 000 (4,0 kVa) kos.

"Elke klant se kragbehoefte word bepaal en daarvolgens word 'n stelsel ontwerp waarmee hulle tevrede sal wees," sê Botha.

Mnr. Terry Moss (50), die motorrenjaer en eienaar van die maatskappy, sê die opwekking van alternatiewe energie het gekom om te bly. "Dit is egter nie nodig om dadelik duisende rande aan sonpanele te bestee nie. 'n Mens kan klein begin en soos jou finansies dit toelaat, jaarliks meer panele aanskaf. Dit is egter noodsaaklik om kundiges op die gebied te raadpleeg en van die eerste dag af jou beplanning reg te doen."

Hy waarsku dat gewaak moet word teen opportuniste wat deesdae vinnig uit die kragkrisis munt wil slaan. "Hou ook in gedagte dat nie alle sonpanele ewe goed is nie. As die gekwoteerde prys net te goed is om waar te wees, pasop. Iewers is daar 'n kinkel in die kabel."

Botha sê daar is mense wat in die landelike gebiede aan inwoners 'n enkele sonpaneel verkoop met die belofte dat dit 'n stoof en yskas van krag sal voorsien. Wanneer die arme mense die sonpaneel, waaraan hulle maande lank afbetaal het, wil gebruik, kom hulle agter dat dit net vir enkele minute per dag krag lewer.

Moss meen dit sal 'n blye dag wees as die groter mededinging vir alternatiewe energie wat daar nou is, ook tot meer bekostigbare pryse sal lei.

"Sonkrag het beslis 'n rol as alternatiewe energiebron, veral om windpompe te vervang en wat die verwarming van water betref.

Kom dit egter by die lewering van krag aan die nasie, bly dit Eskom se verantwoordelikheid. As daar nie 'n reuse-deurbraak kom wat die benutting van sonenergie betref nie, kan dit hoogstens 'n hulpmiddel wees en nie die antwoord op die wêreld se energiebehoeftes nie," sê hy.

Landbouweekblad, 29 Februarie 2008

5
 
 
  • 3954 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Weiding maak melkboerdery buigsaam
  • Moedeloos oor bosluise?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction