|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Lande in Suider-Afrika het ’n ernstige pleidooi gerig dat Suid-Afrika met hernude ywer by ’n gesamentlike bio-energiebedryf in die streek betrokke moet raak.
Verskeie lande binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het op ’n bio-energiekonferensie in Maputo klem gelê op die feit dat die streek moet saamstaan om van ’n bio-energiebedryf ’n sukses te maak. Daar is gemeen dat dit nie sonder Suid-Afrika gedoen kan word nie.
Mnr. Wolfgang Fechter, navorser van Tongaat Hulett in Suid-Afrika, sê die SAOG het dieselfde potensiaal as Brasilië met die vervaardiging van biobrandstof. “Geen Suider-Afrikaanse land kan dit alleen regkry nie,” het hy gesê.
Talle sprekers was dit eens dat die debat oor voedsel teenoor brandstof nie in die streek geld nie. Dr. Helen Watson, ’n senior lektor in omgewingsnavorsing by die Universiteit van KwaZulu-Natal, sê Suider-Afrika het ’n groot potensiaal van onbenutte grond vir bio-energie.
Mnr. Salvador Namburete, minister van energie in Mosambiek, vra dat daar nogtans ’n balans tussen kos- en biobrandstofproduksie gevind moet word deur wisselbou en ander verbouingspraktyke.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 28 Mei 2010.
26 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)