Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Spesiale-howe-wette-teen-veediefstal

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Spesiale howe, wette teen veediefstal?

 
Deur ALANI JANEKE

Meer geld, beter wetgewing en gespesialiseerde howe hê om veediefstal te bekamp, sê die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

Luidens ‘n berig in Business Day het mnr. Kgabi Mogajane, die adjunkdirekteur-generaal van die departement, die Tesourie vir meer geld vir dié doel gevra.

Hy het die Parlement ingelig dat sindikate kommersiële en opkomende boere teiken en hulle vee steel teen enorme koste vir die ekonomie. “In die landelike gebiede is dit erger. Mense kom steel jou vee in die nag. Hulle laai die diere op ‘n vragmotor. Ons probeer ‘n oplossing vind, maar ons het belegging in die veebedryf nodig”.

Mnr. Thinus Erasmus, voorsitter van die nuut gestigte Gautengse Veediefstalforum, sê hy is baie opgewonde oor die verskerping van wetgewing. “Ons hoop net dit kan deurgevoer word, want baie boere is moedeloos oor veediefstal. Ek het vanoggend weer ‘n oproep van ‘n boer van Fochville gehad wat sê hulle loop so erg deur hy weet nie meer hoe hy gaan oorleef nie.”

Nuwe personeel by veediefstaleenhede
Erasmus sê hoewel veediefstal in Gauteng oor die laaste twee jaar ‘n skerp toename getoon het, het minder gevalle die afgelope maand voorgekom. “Ons dink dis weens die aanstelling van nuwe personeel by die polisie se veediefstaleenhede. Vyf nuwe lede is dié maand in Cullinan aangestel, en nege poste gaan binnekort by die Vereniging-kantoor gevul word. Die diewe is meer geneig om toe te slaan in gebiede waar hulle weet daar’s nie mense wat hulle gaan vastrek nie.”

Dr. Frans Saaijman van Agri Gauteng sê die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in Gauteng is werklik ontsteld om te verneem hoe veediefstal in dié provinsie gestyg het. Dat alle rolspelers nou met mekaar moet saamwerk, is 'n gegewe. 

Saaijman skryf by die berig Veediefstal neem landwyd toe, dat ‘n ANC-raadslid hom persoonlik meegedeel het hoe hulle in hul mou lag vir die dwarstrekkery onder die boere en hoe ideaal die situasie hul agenda pas.

“Een van die groot kopsere wat die polisie het, is dat die boere nie hul vee behoorlik brandmerk nie. Dit maak identifisering en uitkenning feitlik onmoontlik. Aan die boere wat so kla: Is jou diere gemerk?” vra Saaijman.

Bron: Business Day

28 Mei 2010
 

0
 
 
  • 1850 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Eie stroper of kontrakteur?
  • SA blomme gesog op Hollandse mark
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction