|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die staat besit 55% van die grond in Gauteng en die Wes-Kaap, sê mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. Dit blyk dat die staat in sewe van die nege provinsies 24% en meer grond besit.
Nkwinti het in antwoord op ’n parlementêre vraag van mnr. Koos van der Merwe van die IVP gesê die staat besit 42% van die grond in Noordwes, 41% in KwaZulu-Natal, 28% in die Oos-Kaap, 27% in Limpopo, 24% in Mpumalanga, 11% in die Vrystaat en 8% in die Noord-Kaap.
Trust- en kommunale grond word ook as staatsgrond aangedui. Volgens Nkwinti is die staat besig met ’n volledige oudit van staatsgrond (waarby hy trust en kommunale grond insluit) wat na verwagting teen Desember 2014 voltooi sal word.
Lees ook: Zuma: Drie planne vir grond.
8 Julie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)