JAN CILLIERS
13 Maart 2003

2049 keer gelees | 0 kommentaar

"Die minimum loon vir plaaswerkers sal bestendigheid in die arbeidsmark bring. Vir die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika se sowat 1,2 miljoen plaaswerkers het hulle 'n minimum loon en beter werksomstandighede.


"Die minimum loon vir plaaswerkers sal bestendigheid in die arbeidsmark bring. Vir die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika se sowat 1,2 miljoen plaaswerkers het hulle 'n minimum loon en beter werksomstandighede. Ek kan nie begryp waarom sommige boere wil voortgaan om slawelone aan plaaswerkers te betaal en hulle uit te buit nie. As ANC-regering sal ons nie toelaat dat werkers, of hulle nou van Suid-Afrika is of van Mosambiek af kom, deur werkgewers uitgebuit word nie."

Mnr. Membathisi Mdladlana, Minister van Arbeid, het op 'n besoek aan Mosambiek gesê sowat 145 000 Mosambiekers werk in Suid-Afrika waarvan die meerderheid wettig in myne en op plase werk en duisende onwettig hier werk. Hy het 'n samewerkingsooreenkoms oor Mosambiekse werkers in Suid-Afrika met sy ampsgenoot in dié land, mnr. Mario Sevene, onderteken.

Die ooreenkoms tussen die twee lande maak voorsiening vir 'n werksessie waartydens die strukturering en funksionering van werksentrums onder meer bespreek sal word. Maatskaplike sekerheid, insluitend werkloosheidsversekering, vergoeding en die rehabilitering van beseerde werkers is ander kwessies wat in die soeklig gaan kom. Arbeidsverhoudinge wat die beslegting van geskille insluit is ook op die sakelys.

Mnr. Mdladlana is bekommerd oor die behandeling wat onwettige immigrante uit Mosambiek in Suid-Afrika kry. "Ons is bekommerd oor die toenemende getal Mosambiekers wat onwettig in Suid-Afrika in diens geneem word. Gewetenlose werkgewers buit hierdie werkers uit. Hulle het geen regte as hulle onwettig in diens geneem word nie en word onmenslik behandel. Ons kan nie toelaat dat dit in ons land gebeur nie. Die samewerkingsooreenkoms en die beplande werksessie sal beslis bydra om dié probleem op te los," het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat ondanks weerstand van 'n minderheid boere teen die stelsel vir minimum lone wat op 1 Maart in werking gestel is, kom Mosambiekers wat onwettig in diens geneem is, nie in aanmerking hiervoor nie. Dit geld wel Mosambiekers en alle ander buitelandse werkers wat wettig in Suid-Afrika in diens is.

21 Maart 2003


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights