Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Staat-gekap-oor-waterregte

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Staat gekap oor waterregte

 

Onbehoorlike staatsinmenging met die verhandeling van waterregte is onaanvaarbaar vir Agri SA en die landbou-afvaardiging, onder leiding van mnr. Johannes Möller, Agri SA-voorsitter, het met die Departement van Waterwese en Bosbou vergader om dié se blokkering van die verhandeling van watergebruiksregte te bespreek.

Volgens Möller was hierdie gesprek dringend noodsaaklik aangesien daar tans meer as 100 gevalle landwyd is waar boere nie toegelaat word om watergebruiksregte te verhandel nie.

Hy het daarop gewys dat hierdie verhandeling, gegewe die skaarsheid van water in Suid-Afrika, vanselfsprekend nodig is om die beste ekonomiese aanwending daarvan te verseker. "Dit is ondenkbaar dat waterregte wat in die meerderheid van gevalle deur boere gekoop is, nie verkoop mag word binne die markmeganisme wat die beste aanwending daarvan sal verseker nie", het hy gesê.

Volgens Möller staan DWAF die vrye verhandeling van waterregte teen op grond van die Waterwet wat waterreghervorming vereis en meer spesifiek Artikel 27 van dié Wet wat verwys na die noodsaak om diskriminasie van die verlede reg te stel.

Möller is van mening dat die landbou se swart ekonomiese bemagtigingshandves (SEB-handves) wat in Maart vanjaar gepubliseer is, volledig met hierdie aangeleentheid kan handel en dat DWAF soos wat tans die geval is, nie hulle eie SEB-voorskrifte moet uitreik nie.

Daar kon tydens die samesprekings nie 'n volledige ooreenkoms met DWAF bereik word nie. Volgens Mnr Möller is daar egter ooreengekom oor die volgende:

  • Die aansoeke vir waterregverhandeling wat steeds nie hanteer is nie, sal binne die konteks van bestaande SEB-wetgewing evalueer word in 'n poging om dit spoedeisend af te handel.
  • Daar sal in werkgroepverband aandag geskenk word aan metodes om waterreghervorming as deel van die landbou SEB-handves te hanteer.
  • Daar sal met behulp van 'n gevallestudie aangetoon word in welke mate besproeiingsboerderye reeds bydra tot SEB-doelwitte en met behulp hiervan sal riglyne vir die toekomstige hantering van waterregverhandeling ontwikkel word.

    Möller het gesê dat die vergadering dui op beperkte vordering en dat die regsopsie steeds 'n wesenlike moontlikheid bly as daar nie met voorvermelde ooreenkoms sinvol gevorder word nie.

    24 November 2008

  • 0
     
     
    • 1423 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Gids vir identifikasie van vee
    • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Koei en skaaplam onskeibaar
    • Treffer-terte
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction