Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Staat wil appèlleer teen Von Abo-saak

 

Die staat het aan die regspan van mnr. Crawford van Abo, ‘n boer van Bothaville, aangedui dat hy van plan is om aansoek te doen vir verlof om te appèlleer teen die Noord-Gautengse Hooggeregshof se jongste uitspraak in dié saak.

Die hof het verlede maand bevind dat Von Abo daarop geregtig is om skadevergoeding van die Suid-Afrikaanse Regering te eis vir sy grond wat in Zimbabwe gegryp is. Von Abo het agt jaar gelede al met regsaksie begin nadat 14 van sy plase in Zimbabwe onteien is.

Nog geen nuwe hofdatum
Volgens mnr. Willie Herbst, een van Von Abo se regsverteenwoordigers, het hulle onlangs ‘n inligtingstuk van die Regering ontvang oor hulle aansoek om verlof vir appèl. “Ons moet nou daarop reageer, en só sal die saak sy verloop neem”. Herbst sê hulle behoort voor die einde van die week op die aansoek te reageer.

Hy sê nog geen nuwe hofdatum is vasgestel nie, en die saak sal na verwagting binne die volgende ses tot agt weke weer voor die hof kom.

Mnr. Ernst Penzhorn, nog ‘n regverteenwoordiger vir Von Abo, het net ná die jongste bevinding aan Landbou.com gesê hy gaan aansoek doen vir ‘n nuwe verhoordatum om deskundiges se getuienis oor Von Abo se eis, en dít wat sy plase en besittings werd was, aan te hoor.

“Hy het een van die grootste boerderye in Zimbabwe gehad. Party was beesboerderye, ander saaiboerderye. Daar was ook tabak- en mielieboerdery, en hy het die grootste private dam in Zimbabwe op een van sy plase gehad,” het Penzhorn gesê.

9 Maart 2010

0
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

As ek reg onthou het die oom kantore vir die ANC gegee, nou toe hulle hom te nakom sleep hy hulle hof toe. As hy die saak wen gaan die belastingbetaler (ek en jy) maar indierek daarvoor betaal. Myself dink hy moet maar verloor, klink maar na 'n "joiner" wat nou pak gekry het.

Oom Joe 

Dit is tyd dat die boere opruk en onse regering aanvat-watse twak is die? Hulle wil die hofstryd so uitrek met die hoop dat Mnr Van Abo se geld sal opraak om hulle te baklei.
Die morele basis van die staat is verkeerd! Om belastingbetalers se geld te gebruik om immorele aksies te wil verdedig-dit verg optogte!
Die boere wat so graag in Afrika wil gaan boer-wees gewaarsku-die SA regering bring net lippetaal, soos met vele ander dienslewerings fasette in ons land.
Maar wag-as stem dag kom-stem almal weer vir die ANC sodat hulle ons veder kan verniel.

marleen 

ek hoop crawford byt vas!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.