|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Nasionale soewereiniteit word in terme van grond bepaal. Daarom is grond ’n nasionale bate al word dit nie deur die Grondwet vasgelê nie, sê die Regering in ’n verslag oor landelike hervorming. Daarin blyk dit dat hy wél grondbesit wil beheer.
Die Regering wil die plattelandse landskap radikaal verander vir groter “maatskaplike samehorigheid en ontwikkeling”. Daarvoor wil hy die plattelandse ekonomie “ontras” en gaan hy voort met sy planne om eienaarskap van grond te hersien.
Die Suid-Afrikaanse storie was een van stelselmatige verarming van swart mense, word in die verslag gesê. Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het die Regering se beleid van “Oorlog teen Armoede” van die Presidensie oorgeneem.
Nuwe plan
Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, meen hy dit is gepas dat sy departement ’n strategie van landelike hervorming volg wat ’n “vinnige en fundamentele verandering in die eienaarskap en beheer van grond, vee, gewasse en gemeenskappe tot gevolg het” .
Hy sê grondhervorming, soos dit tot nou toegepas is, is onvolhoubaar en het nie vir begunstigdes die voordele ingehou wat verwag is nie.
Die beginsels wat die nuwe benadering sal volg, is die “ontrassing” van die landelike ekonomie vir gesamentlike en volhoubare groei; demokratiese en regverdige toekenning van grond en die gebruik daarvan vir alle rasse, geslagte en klasse; en streng dissipline vir gewaarborgde nasionale voedselsekerheid.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 7 Mei 2010.
3 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Minister Nkwinti, wat beteken gewaarborgde nasionale voedselsekerheid? Jy het nie 'n koeken clue waarvan jy praat nie. Ten tweede weet die regering nie wat die woord dissipline beteken nie. Dan die grootste snert is die ontrassing van die landelike ekonomie- ek is dik om na sulke "bull****" te luister.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)