Die Regering het voornemens om in ’n bewaringsgebied in die Waterberg-omgewing te prospekteer vir minerale. Volgens ’n grondeienaar val die betrokke gebied waarvoor aansoek gedoen word binne die Waterberg-natuurbewaringsgebied en die Unesco-geregistreerde Waterberg-biosfeerreservaat.
Die onlangs gestigte mynmaatskappy, African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC), wat deur die staat besit word, het aansoek gedoen om vir yster, mangaan en andalusiet te prospekteer oor ’n gebied van 1 150 ha teenaan die Mokolorivier-natuurresevaat en binne die genoemde bewaringsgebiede wat in private besit is.
Die gebied grens aan die Mokolorivier wat onder groot druk is weens Eskom-ontwikkelings en ander mynbedrywighede in die sensitiewe Waterberg-omgewing. Volgens ’n kundige is die aansoek “ligsinnig” met “geen moontlikheid van ekonomiese neerslae van dié minerale in die Waterberg-sandsteen nie”.
Mnr. GP Kriel van Environmental Impact Management Services, het bevestig dat die gebied waar prospektering beoog word binne die Mokolorivier-natuurreservaat is. Kriel sê as deel van die proses is met elkeen van die betrokke eienaars kontak gemaak en die nodige dokumentasie aan hulle voorsien.
Lees ook:
Mynregte op wynplase onder loep
Mynbou in wynlande 'kortsigtig'
10 Maart 2010
Kommentaar
Wat mineraalregte betref Regering onregverdig met die nasionalisering Net die boer word onteien toe ons die eiendom aangekoop het het ons dit met mineraalregte aangekoop met die doel om eendag n bietjie uit dit te maak nie om dit te verloor vir n magbehepte regering nie Wat geen benul van privaatreg ovf bewaring het nie soos so duidelik met die aansoek
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)