Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Staking-dreig-oor-mynwater

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Staking dreig oor mynwater

 
Deur ALANI JANEKE
Skoon water. Foto: ALANI JANEKE
Skoon water. Foto: ALANI JANEKE

Twee vakbonde het die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) in kennis gestel dat ‘n staking sal plaasvind as die Regering nie spoedig reageer rondom probleme met suur mynwater.

Luidens ‘n verklaring het die federasie van vakbonde (Fedusa) en die vakbond UASA Dinsdag  (28 September) tydens ‘n vergadering ‘n afdeling 77 aansoek aan Nedlac oorhandig.

Die aansoek is saamgestel uit navorsing deur die vakbonde oor die gevolge van die watersituasie in Suid-Afrika en van die sloerdery deur die owerhede, asook die bevolking, om dit aan te spreek.

Gesamentlike komitee
Die verteenwoordigers van al die partye het ooreengekom dat ‘n stuurkomitee saamgestel word deur Fedusa en die Regering waaronder Nedlac die vakbonde se vereistes kan ondersoek. Die Regering het gevra vir ‘n tydperk van 30 dae om die aansoek intern na te gaan, waarna Nedlac die eerste vergadering van die komitee sal behartig.

Die vakbonde is spesifiek bekommerd oor die feit dat dit blyk of die Regering sy “voete sleep om ‘n krisis op te los” wat die gesondheid en veiligheid van mense, diere en die landbousektor  beïnvloed.

Verskil tussen fondse vir MIV en water?
Die vakbonde sê daar heers kommer daaroor dat die Regering miljoene bestee om die samelewing oor MIV/Vigs in te lig en op te lei, terwyl dieselfde nie gesê kan word rakende die waterprobleme op hande nie.

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) se 2002 statistiek voorspel dat 2,9 miljoen mense per jaar aan MIV/Vigs gaan sterf, terwyl 3,4 miljoen mense weens onveilige water en sanitasie sal doodgaan.

“Moenie skuil nie”
Intussen het mnr. Mike Muller, lid van die Nasionale Beplanningskommissie, die samelewing en ook boere aangemoedig om nie vir die Regering te wag om alleen die probleem op te los nie. Hy was ‘n spreker by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Landbou-ingenieurs se jaarlikse konferensie in Pretoria.

“Moenie agter die plaasheining wegkruip nie. Raak deel van die stryd buite jou plaasgrense,” het hy gesê. Volgens Muller sal die land ‘n waterkrisis ondervind as sake nie drasties verander en die land se waterstelsels nie behoorlik bestuur word nie. Hy meen die land het genoeg water tot 2025.

30 September 2010

0
 
 
  • 1086 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 350 Jaar van wynmaak in SA - mnr. Clarence Johnson
  • Afgri stig sakevleuel vir boere
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction