Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Statut-3

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Statut

 
Louw Pretorius

Vrese in die rooivleisbedryf oor statutêre heffings kan daaraan toegeskryf word dat mense nie altyd weet wat die rol van statutêre heffings onder die nuwe Bewarkingswet is nie, sê adv. Les Kügel, wat namens die Vleisbedryfstrust daarby betrokke is.


Veral boere is ongemaklik oor dié saak. Dit spruit uit hul ervaring van statutêre heffings onder die ou Bemarkingsraad. Boere is bang dis weer 'n geval dat hulle moet betaal en die Bemarkingsraad besluit wat met die geld gedoen word. Dit is dus belangrik om die verskille tussen die ou en nuwe stelsel van statutêre heffings duidelik te onderskei, sê adv. Kügel.


Die eerste belangrike verskil is dat Bemarkingsrade in die ou bedeling vaste instellings was wat gefinansier moes word. Dit was hoofsaaklik deur vaste heffings vir 'n onbepaalde tyd.


Die nuwe Bemarkingswet is juis 'n reaksie teen probleme in die ou wet, maar laat steeds die potensiaal vir heffings vir die landbou. 'n Groot verskil is dat 'n heffing onder die nuwe wet eers ter sprake kom wanneer 'n bedryfsgroep daarom aansoek doen.


Die evaluering van 'n heffing is nou ook anders. Aansoeke word deur die Nasionale Landboubemarkingsraad geëvalueer om toe te sien dat dit binne die doelstellings van die nuwe Bemarkingswet val. Indien wel, word dit deur die minister goedgekeur. Die belangrikste aspek is dat dit net vir 'n beperkte tydperk goedgekeur word. Die maksimum tyd tot dusver is vier jaar. Daarna verval dit outomaties. Dit is ook normaalweg die bedryf wat vir 'n heffing vir bepaalde doeleindes vra.


'n Kenmerk van die nuwe wet is dat dit nie presies voorskryf waarvoor 'n heffing gevra mag word nie. Dit is waarom die Nasiolale Landboubemarkingsraad meer geneë is om heffings goed te keur wat regstreeks met bemarking verband hou, soos navorsing, inligtingoordrag, versameling van statistiek en generiese funksies.


Met betrekking tot vleis sal waarskynlik klem gelê kan word op die eenvormige toepassing van higiëne-standaarde en klassifikasie. Sulke aspekte wat 'n regstreekse invloed op die bemarking van die produk het, kan deur heffings gefinansier word, meen adv. Kügel.


Enige belangegroep in 'n bedryf wat by die Nasionale Landboubemarkingsraad as 'n belanghebbede party geregistreer is, kan om 'n heffing aansoek doen. Dit isi nog 'n belangrike verskil van die vorige bedeling, wat hoofsaaklik produsentgerig was.


So 'n party se aansoek moet duidelik uiteensit wat die doelstellings van die heffing is. Die aansoek moet van 'n begroting vir vier jaar vergesel word. Op grond hiervan word die grootte van die heffing as deel van die aansoek bepaal. Ook die beoogde administrateurs van die heffing moet aangedui word.


Die bemarkingsraad gee ook riglyne oor watter vlakke van finansiering vir 'n bepaalde doel toegelaat mag word. 'n Maksimum van 10 % mag byvoorbeeld vir administrasie aangewend word en sowat 20 % word aanbeveel vir die bevordering van agtergeblewe boere.


Die geld gaan ook nie noodwendig vir 'n organisasie nie. Die wet verbied nie organisatoriese heffings nie, maar dis belangrik om te onthou dat heffings altyd aan 'n meetbare funksie gekoppel moet wees, soos wanneer 'n organisasie byvoorbeeld 'n bepaalde funksie verrig. 'n Organisasie kan dus vir so 'n bepaalde funksie gefinansier word -- dit is nie organisatoriese finansiering nie.


Uiteindelik oorweeg die minster die aansoek en word dit in die Staaskoerant afgekondig - insluitend die heffingstydperk van vier jaar. Dié tydperk kan ook twee jaar wees.


Outomatiese waarborge is as veiligheidsmaatreëls ingebou, soos dat 'n mate van steun deur die verskillende betrokkenes in 'n bedryf vereis word. Die wet swyg oor dié mate van steun, maar hoe meer steun in beginsel, hoe makliker behoort dit te wees om 'n heffing ingestel te kry. Dit kan egter gebeur dat die minister 'n maatreël sonder werklike steun kan instel, soos in die geval van rampnood. Steun is dus nie altyd deurslaggewend nie.


'n Ander belangrike aspek is dat die aansoeker kan aandui wie die beste organisasie is om die geld te administreer. Die tipe organisasie, samestelling en funksionering van laasgenoemde is deel van die aansoek. Op grond van vorige aansoeke is dit duidelik dat die bemarkingsraad 'n onafhanklike organisasie as administrateur verkies, sê adv. Kügel.


'n Verdere veiligheidsmaatreël is dat alle boeke deur die Ouditeur-Generaal geouditeer word. Die belangrikste is waarskynlik dat die geld effektiewelik net aangewend kan word vir die doeleindes waarvoor dit verkry is. Die geld is dus nie onder "beheer" van die minister nie. Die heffings verval outomaties sodra die tydperk waarvoor dit ingestel is, verstreke het..


Dit kan gebeur dat begrotings van jaar tot jaar deur buitefaktore soos droogte beïnvloed word. Daarom maak die bemarkingsraad voorsiening vir gewysigde begrotings vir 'n betrokke jaar. Op dié manier word probleme met surplusse ondervang. Die klem val op goeie bestuur en dit is dus 'n wanopvatting dat die minister 'n hand op oorskotte kan lê. In die geval van vleis, kan die aansoek bepaal dat as daar aan die einde van die tydperk 'n surplus is, dit aan die Vleisbedryfstrust oorgedra word tot voordeel van die totale bedryf, aldus adv. Kügel.

16 Augustus 2002

0
 
 
  • 1849 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gemmerbroodmannetjies
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction