|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die verslag oor die situasie rondom suur mynwater aan die Witwatersrand en die oplossings daarvoor moet dringend vrygestel word, aldus die Demokratiese Alliansie (DA).
Luidens ‘n verklaring sê mnr. Gareth Morgan, omgewingswoordvoerder vir die party, dié verslag het glo op me. Susan Shabangu, Minister van Mynwese, se lessenaar vasgehaak.
Dít terwyl dit kort- en langtermyn-oplossings vir die oorspoel van suur mynwater aan die Wes- en Oos-Rand bevat.
Miljoene liter per dag
Morgan sê sowat 40 miljoen liter onbehandelde suur mynwater loop daagliks in die Tweelopiespruit in die Krugersdorp-wildtuin aan die Wes-Rand in. Dié meting is wel nie akkuraat nie, aangesien die metingstasie onlangs oorstroom is.
Intussen loop 50 miljoen liter onbehandelde suur mynwater tans by die Grootvleimyn aan die Oos-Rand daagliks in die Blesbokspruit in, en die pompstasie by dié myn is afgeskakel, wat beteken dat dit binnekort kan begin oorstroom.
Morgan sê die verslag moet as ‘n saak van dringendheid ter tafel gelê word. Hy sê hoe langer die Regering sloer, hoe meer angstig gaan inwoners van Gauteng asook dié wat deur die riviere beïnvloed word, raak.
Dit sal later blyk of die Regering iets het om weg te steek, terwyl die armstes van die armes – wat die Regering as ‘n prioriteit bestempel - die ergste geraak word.
8 Februarie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek is een van die persone wat nie die storie dat suurwater in Johannesburg se strate gaan uitborrel, glo nie. Die behandeling van suurwater wat by Tweelopiesspruit aan die Wes-Rand plaasvind help weinig want onderkant die poel waarin die twee seekoeie bly borrel 'n fontein uit wat suurwater bevat en die punt van behandeling is stroom-op.
Ek het herhaaldelik data vanaf Waterwese en ander instansies aangevra wat moet toon wat die kwaliteit van die water is wat onderkant die myne in die Sentrale Rand opstyg. En let wel, die watervlak styg a.g.v. water wat van bo-af invloei en nie water wat opstyg nie. Hoekom wil instansies wat noem dat suurwater binne die volgende paar maande gaan begin uitloop, nie hulle data op die tafel sit nie. Ek dink daar is 'n slang in die gras en die slang se naam is GELD.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)