|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
'n Taakgroep, bestaande uit verteenwoordigers van die Departement van Landbou se direktoraat dieregesondheid en enkele sektore van die vleisbedryf, gaan binnekort 'n ondersoek loods na 'n nasionale naspeurbaarheidstelsel vir die Suid-Afrikaanse bedryf.
Naspeurbaarheid kan die oorsprong van 'n vleissnit as't ware van die verbruiker se bord tot by die plaas waar die dier gebore en vir bemarking voorberei is, bewys. Dié stelsel is deesdae ononderhandelbaar vir deelnemers in die belangrikste wêreldmarkte vir vleis.
Dit is egter nie net in die wêreldmark waar naspeurbaarheid 'n waarborg vir voedselveiligheid is nie. Dit dien ook as waarborg vir die gesondheidstatus van 'n land se veestapel. Só 'n stelsel kan dus ook die bedryf in staat stel om die oorsprong en selfs die oorsaak van 'n siekte-uitbreking feitlik onmiddellik te bepaal. Daarom dat 'n nasionale stelsel uiters belangrik is - veral in die lig van die bek-en-klou-swaard wat amelewe oor Suid-Afrika sal hang plus bykomende besware soos wat tans met BSE ondervind word.
Australië het pas 'n soortgelyke stelsel vir sy 115 miljoen skape van stapel gestuur. Mnr. Bill Whitehead, voorsitter van dié land se skaapvleisraad, sê as bek-en-klou hul bedryf tref, sal skaapboere R16 biljoen binne 12 maande verloor.
26 Julie 2002Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24