Sterk rand druk wolprys af

 

Die rand, wat sedert die vorige veiling verder versterk het, het weer druk op die wolmark geplaas en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 2,6% gedaal tot R62,43/kg (skoonwol).

Die rand het met 2,2% teenoor die Amerikaanse dollar versterk, vergeleke met die vorige week, terwyl dit ook 2,5% sterker teenoor die euro was. Die sterker geldeenhede van Suid-Afrika en Australië, plaas veral die Chinese kopers onder druk omdat hulle in Amerikaanse dollars vir wol betaal en pryse in terme van die dollar aanmerklik gestyg het.

Die vetwoluitvoerders was weer die grootste kopers. ’n Ontleding van uitvoersyfers toon dat die verdienste uit vetwoluitvoer nou sowat 80% van die totale uitvoerverdienste van wol verteenwoordig.

Altesaam 9 464 bale is aangebied, waarvan 98% verkoop is.

Die gemiddelde pryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) was soos volg: 19 mikron verswak met 1,8% tot R69,85/ kg; 20 mikron daal met 1,6% tot R64,90/kg; 21 mikron was 4,4% goedkoper op R61,63/kg en 22 mikron sak met 2,2% terug tot R62,39/kg.

Nagenoeg 6 500 bale sal volgende week aangebied word.

10 Maart 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.