|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die sterk rand het weer groot druk op die wolmark geplaas en Cape Wools se markaanwyser het met 4,6 % teruggesak om op R31,45/kg (skoon) te sluit. Dit is 10,5 % laer as die openingsveiling.
Markontleders verwag dat wolpryse onder druk sal bly vir so lank as wat die rand op die huidige vlakke verhandel en die wêreldvraag gedemp bly. Hoewel verskeie ekonomiese verslae wat dié week uitgereik is optimisties oor die toekoms van die Europese ekonomie is, is daar nog weinig teken van 'n verbetering op grondvlak en bly die vraag na kleding op kleinhandelsvlak gedemp.
Die mikronkategorieë 19 en 25 het die grootste dalings getoon en onderskeidelik 6,5 % and 6 % laer gesluit.
Altesame 8 444 bale is aangebied waarvan 95 % verkoop is. Vetwoluitvoerders was die grootste kopers. Ontvangste by makelaars se pakhuise staan tans op 9,6 miljoen bale, wat 1,2 % laer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede seisoen is.
Gemiddelde prysbewegings was: 19 mikron daal met 6,5 % tot R45,63/kg, 20 mikron met 4,6 % tot R44,44/kg, 21 mikron met 3,3 % tot R43,58/kg, 22 mikron met 3,2 % tot R43,20/kg, 23 mikron met 3,7 % tot R42,55/kg, 24 mikron met 5,4 % tot R42,07/kg, en 25 mikron met 6 % tot R40,31/kg.
10 Oktober 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24