Wolpryse het verlede week teruggesak ná die vorige week se sterk lopie. Cape Wools se markaanwyser het 1,5 % laer op R48,98/kg (skoon) gesluit. Dié daling kan hoofsaaklik aan die sterker rand toegeskryf word.
Altesame 10 306 bale is aangebied, waarvan 97 % verkoop is.
Gemiddelde prysbewegings was: 19 mikron daal met 1,4 tot R76,43/kg, 20 mikron met 3 % tot R71,18/kg, 21 mikron met 3,9 % tot R69,16/kg, 22 mikron met 5,1 % tot R68,11/kg, 23 mikron met 3,7 % tot R67,21/kg, 24 mikron met 3,1 % tot R66,72/kg, en 25 mikron met 3 % tot R64,64/kg.
1 November 2002