|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die staat is van plan om nie oor die korttermyn grond aan swart boere te verkoop nie, sê mnr. Joe Phaahla, adjunk-minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.
Luidens ‘n berig op Meat Trade News Daily sê hy boere wat deur middel van grondhervorming grond ontvang het, moet private grond met hul winste aankoop as hulle grond wil besit.
Prof. Mohammad Karaan, dekaan van die fakulteit landbouwetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch, kritiseer egter dié stap, en meen sodoende nasionaliseer die staat grond. “Dit is grondhervorming in trurat,” sê hy.
Voorkom verlating van plase
Volgens die berig sê Phaahla dié stap is nie nasionalisering nie. Hy sê die staat probeer verhoed dat plase verlate gelaat word, en dat nuwe grondeienaars hul grond weer aan wit boere verkoop en die hervormingsproses teenwerk.
Begunstigdes gebruik die plase om toegang tot lenings te kry, en as hulle nie die lenings kan betaal nie, neem die banke die plase terug en verkoop dit aan kommersiële boere. Plase is verlede jaar deur die Land Bank teruggevat, en volgens Phaahla, moes die departement miljoene bestee om te verhoed dat die bank dié eiendomme op veilings verkoop.
Volgens hom het bemagtigde boere tans slegs die opsie om hul huurkontrakte van die grond te hernu, maar daar bestaan geen waarborge dat hulle op die grond sal kan voortboer nie. Grond is ‘n baie belangrike bate en die departement kan nie kanse daarmee vat nie, aldus Phaahla. “Dit is die grondhervormingsmodel wat die Regering in die toekoms vir grondhervorming gaan gebruik.”
Intussen sê Karaan hy kan nie verstaan hoekom dié boere vir die grond moet betaal nie, aangesien dit ‘n boer jare vat om behoorlik wins te maak en te oorleef. “Hulle skep nou ‘n parallel rondom grondeienaarskap. Hoekom moet swart boere grond huur terwyl wit boere dit besit?”
Lees ook:
Hervorming op die afdraande pad
Meer as 100 plase in Vrystaat vou
Departement skuld begunstigdes miljoene
26 Oktober 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek is stomgeslaan. Die wit mense kan grond besit, want ons KOOP die grond. Ons werk hard daarvoor. Eish....
Ek stem 100% saam met Prof. Karaan. Die regering is nie ernstig met grondhervorming nie en hierdie voorstel wat hulle nou maak om slegs toegang te gee tot landbougrond gaan lelik in hulle gesig ontplof en is besig om brandstof te verskaf vir grondloses wat dreig om grond te beset.
Logika is beslis nie een van die manne se sterk punte nie. Wonder hoe die hoë titels bekom is.
Eintlik is dit nie die moeite werd om kommentaar te lewer, want die Regering van die dag met al sy meerderheid kiesers, het nie n idee waaroor "landbou" gaan!
"..Hoekom moet swart boere grond huur terwyl wit boere dit besit?” Mmmmmm, want ons KOOP die grond, dit val nie net uit die regering soos vir hulle nie, dammit!!!!!!!!!
Prof. Karaan, dit is hoe baie kommersiële boere begin boer het, deur grond te huur, nog by te huur en dan te begin koop.
daar begin die eie rigting alreeds manifesteer!!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)