Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Strategie-nodig-om-navorsing-te-bevorder

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Strategie nodig om navorsing te bevorder

 
JOHAN COETSEE

Geld vir olyfnavorsing is 'n beperkende faktor, maar daar is strategieë om dit te bowe te kom, het dr. Johan van Zyl, hoofdirekteur van die LNR-Infruitec-Nietvoorbij op 'n olyfseminaar by dié instituut gesê.


Dr. Van Zyl het gesê die olyfbedryf is relatief klein as dit met byvoorbeeld die vrugtebedryf vergelyk word. ``Heffings op lede is dus nie die antwoord om navorsing te finansier nie.''


Hy het 'n ander stratgie voorgestel, naamlik dat die probleme wat nagevors moet word, saam in 'n programme gegroepeer word, waarna 'n derde instansie (buiten die instituut en die vereniging) genader moet word om finansiële hulp. Dit kan byvoorbeeld die provinsiale regerings wees.


Daarna moet navorsingspanne byeen gekry word -- dit sal goed wees om nagraadse studente hier te betrek. Laastens kan nouer saamgewerk word met oorsese navorsingsinstansies wat reeds wye kennis van die olyfbedryf het, het dr. Van Zyl gesê.


Die feit dat Suid-Afrika 'n relatief jong olyfproduserende land is, het sekere voordele. Eeue-oue verbouingstradisies, wat in sommige lande hoogty vier, bestaan nie hier nie. Daarom kan die jongste en beste tegnologie beskikbaar op olyfverbouing hier toegepas word.


Om dit egter te kan doen, is goeie navorsing nodig. Die moderne verbruiker wil slegs die beste olyfprodukte hê wat in die gesondste en natuurlikste toestande moontlik gekweek word. Dit maak die organiese kweking van olywe soveel belangriker. In Italië word meer as 110 000 ha olywe al organies gekweek, het dr. Van Zyl gesê.


Hy meen dit sou goed wees as Suid-Afrikaanse olyfprodukte 'n naam van oorsprong, of 'n streeknaam, kan kry sodat verbruikers die gehalte daaraan kan meet. Tans maak olyfnavorsing net sowat 1 % van die LNR se navorsingsbegroting uit. Daar is die nodige infrastruktuur en vermoë om meer navorsing oor olyfkweking te doen, maar die geldtekort strem dit.

23 Mei 2003

0
 
 
  • 1197 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Heerlike koekies
  • Lekker skerp messe
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction