Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Stroping-kos-renosterbedryf-r14-miljard

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Stroping kos renosterbedryf R1,4 miljard

 
Deur ALANI JANEKE

Die waardevermindering van Suid-Afrika se totale renostertrop sedert die begin van verlede jaar – weens stroping – staan tans op R1,4 miljard, aldus die Private Renostereienaarsvereniging (PROA).

Mnr. Pelham Jones, voorsitter, sê regstreekse verliese in die bedryf behoort teen die einde van die jaar, “sedert die tsoenami in renosterstroping in 2007 begin het”, sowat R660 miljoen beloop.

“Die verdere uitwerking wat dit op renostereienaars het, is dat die waarde van die diere met twee derdes verminder het. Waar ’n renoster vroeër R350 000 werd was, verkoop dit tans teen sowat R120 000.”

Volgens Jones verlaat baie private eienaars tans die bedryf deur hulle renosters te verkoop, omdat hulle reken die risiko’s wat aan die diere verbonde is, is te hoog.

Neiging 
Jones meen drastiese stappe is nodig om die neiging dat renosters meer werd is as hulle dood is, te verander. Hy sê een van die maniere om dít te bewerkstellig is om die handel in renosterhoring wettig te maak. Dit beteken dat renosters aan die lewe gehou sal word sodat hul horings weer kan teruggroei.

“Verder is ’n massiewe poging nodig om mense in te lig oor renosters en die legende rondom die medisinale gebruik van renosterhoring. Én die skuldiges en sindikaatlede se name moet openbaar gemaak word, sodat hul dade aan die groot klok gehang kan word,” sê Jones.

Populasie
Wetenskaplike opnames bepaal dat die land se renosterpopulasie en hul habitat begin afneem. Jones sê dit kan regstreeks of onregstreeks aan stroping toegeskryf word.

Weens die feit dat baie private eienaars hul diere verkoop, word die mark vir Sanparke, om sy oortollige diere te verkoop, al hoe kleiner.

Sanparke moet dus na meer diere begin omsien, en dit plaas enorme finansiële druk op hom. “Sanparke se sekekerheidskoste het sedert verlede jaar van R160 miljoen per jaar tot R450 miljoen per jaar gestyg,” vertel Jones.

Nog twee diere

Intussen is nog twee diere Woensdagaand (28 September 2011) op ’n plaas naby Brits vrekgeskiet. Luidens ’n berig in Beeld (30 September 2011) het die stropers die diere vrekgeskiet terwyl mnr. Neels van Rensburg, eienaar van die plaas, besig was met voorbereidings om sy renosters van die plaas te verwyder.

Van Rensburg het die afgelope maand ses renosters weens stropery verloor, en tot dusver vanjaar het hy altesame agt diere verloor. Hy beoog glo om al sy renosters te verkoop.

Bron: Beeld

30 September 2011

0
 
 
  • 700 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Willie du Plessis 
30 Sep 2011 14:07

Dit is pateties om te sien wat in die land aangaan,en veral die houding van SAPD Assen....Sterkte Neels en Rina

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Di
  • Vloedskade in die Wes-Kaap.
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction