Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Studente-betoog-met-swart-gesigte

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Studente betoog met swart gesigte

 
Charl Oberholzer praat met die media tydens die protesaksie. Foto: SIPHO HLONGWANE
Charl Oberholzer praat met die media tydens die protesaksie. Foto: SIPHO HLONGWANE

Die stryd oor toelating tot die fakulteit veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria is besig om in ’n massiewe rassedebakel te ontwikkel.

Studente het hulle vandag saam met ʼn afvaardiging van AfriForum Jeug swart geverf en voor die departement van hoër onderwys protes aangeteken teen die rasseteikens wat dié departement stel.

AfriForum Jeug verteenwoordig tans sowat 30 matrikulante/voornemende studente wat gesamentlik 190 onderskeidings in matriek behaal het, maar deur die UP se Fakulteit veeartsenykunde weggewys is weens beweerde swak akademiese prestasie.

Mnr. Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van Afriforum Jeug, sê daar word plekke vir internasionale studente gereserveer terwyl studente wat tussen sewe en nege onderskeidings behaal het, die deur gewys word.

Rasseteikens
Nadat AfriForum Jeug ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting die UP gedwing het om inligting bekend te maak oor waarom hierdie aansoekers nie toelating gekry het nie, het die universiteit aangedui dat die departement van hoër onderwys rasseteikens stel en dat hulle daarvolgens geoormerkte finansiering ontvang.

Die departement se oogmerk is dat die UP se Fakulteit veeartsenykunde die nasionale demografie moet weerspiëel.

“Jongmense wat eers in 1993 gebore is, moenie gebuk gaan onder rasgedrewe beleide nie. Hulle verdien ʼn billike geleentheid en hulle waardigheid word aangetas wanneer hulle in raskategoriëe ingedeel word,” sê Oberholzer.

AfriForum dring daarop aan dat rasseklassifisering gestaak word sodat alle rasse gelyk behandel kan word.

30 Januarie 2012

4.92857
 
 
  • 1338 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
03 Feb 2012 10:04

Ai, hoe gaan mens dan jou veë se gesondheid in hande kan vertrou wat nie geplaas is volgens hul intellegensie nie? Die antwoord is seker maar DIY veeartsenykunde

  • antwoord
Koos Fourie 
02 Feb 2012 11:23

Vir die eerste keer in n lang tyd is daar iemand met die regte antwoord en ek wil saam met mnr Christiaan Bam stem.Ek wil dit net een stap verder vat. Ons sal net baie, baie seker, uit die Skrif, moet maak(Verkieslik 1933 vertaling) wat dit behels om opreg na God toe terug te keer, as n volk en wat vir Hom welgevallig is. Anders sal dit n doeie oefening wees wat net ons bloed sal kos... Die tyd stap aan en ons eie hardnekkigheid is die oorsaak van al ons elende. Mens kan nie met n dwaas redeneer nie en ook nie hul handeling verstaan nie. So wat is die punt om met hulle te wil redeneer. Ons mors net ons eie tyd kom by die woord, by die God van die woord , doen wat hy se en Hy sal allllles uitsorteer..

  • antwoord
bekommerde boer 
31 Jan 2012 17:53

die studente kan betoog tot hul blou in die gesig is, sal nie help nie

  • antwoord
Butch van Blerk 
31 Jan 2012 10:39

hierdie regering is besig om totaal en al van demokrasie weg te beweeg en hulle eie rasgebaseerde beleid moraliliteitloos af te dwing - met waterregte dieselfde. Weer vra ek maar net, pak hulle in die Hof - gelukkig het ons darem nou al agtergekom hat hulle in die Hof soos 'n kat in die water is.

  • antwoord
Christiaan Bam 
31 Jan 2012 07:42

Ek is jammer om alamal se babbel te bars.Maar die mense aan die orde van die dag bekommer hulle nie oor die dag van more nie.Hulle leef net van dag tot dag en solank hul kan skep is hul tevrede.Ons is verseker oppad na 'n tweede Zim.Al hoe ons gaan bo uitkom is as die Afrikaner terugkeer na God toe.

  • antwoord
Charl Baard 
30 Jan 2012 23:13

Ons voer 'n stryd om die handhawing van standaarde. Waar daar nie die wil is om 'n nasie van uitnemendheid te skep nie en waar "ras", belangriker is as "prestasie" gaan ons net een rigting en dit is die Zim-rigting. Kan ons Min. van Onderwys en Tersïere leiers nie besef dat hul besig om met die toekoms van ons land te dobbel nie. Aan die eenkant skep jy leerders/studente wat agv onregverdige bevoordeling nie die mas in die praktyk sal opkom nie en aan die ander kant is daar briljante en begeesterde jongmense wat negatief raak en SA gaan hul permanent verloor. Dankie vir Afriforum wat druk op die owerhede sit. Doen so voort.

  • antwoord
Willie Strydom 
30 Jan 2012 21:00

En dan lieg die verteenwoordigers in die departement Veeartsenykunde openlik deur rassisme te ontken - waar dink hulle kom belastinggelde vir hulle salarisse vandaan. Van buitelanders vir wie 'n klomp plekke gereserveer word? Blankes met 'n 84% gemiddeld kry nie keuring nie. Ek daag UP om anderskleuriges wat gekeur word se graad 11 gemiddeldes openbaar te maak!

  • antwoord
Benton vd Berg 
30 Jan 2012 18:12

Ek hoop hierdie opsprake en protes hou sommer lank aan, en hoe langer dit aanhou hoe groter moet die media-blootstelling word, want dit is belaglik dat daar so teen studente gediskrimineer word, veral in ñ beroep waar daar ñ tekort aan mense is!

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Slenkdalkoors: Tol klim in O-Kaap
  • Selfverdediging is soms
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction