|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
'n Spesiale suiwelfokus is vanjaar op die jaarlikse Agri Megaweek van 15 - 18 September by die Agri Mega-Park in Bredasdorp te sien.
Verskeie aktiwiteite word vir die suiwelbedryf aangebied, insluitend die nasionale Jersey-kampioenskap, die Wes-Kaapse Ayrshire-kampioenskap, asook die "Queen-of-the-expo" interras Suiwelbees-kompetisie. Verder vind die Wes-Kaapse Meester Suiwelboerkompetisie se gala-geleentheid ook tydens die Agri Mega Week plaas.
Met die Nasionale Jersey-kampioenskap wat 'n groot gebeurtenis op die Agri Megaweek program behoort te wees, word daar ook 'n gepaardgaande Jersey-veiling beplan.
Soos verlede jaar kan MPO-lede ook die Agri Mega Week besoek via die MPO lede fasiliteit tent met spesiale parkering vir MPO lede. Suiwelprodusente kan verder uitsien na 'n suiwelwerkswinkel wat sal fokus op die verhoging van melkproduksie in die melkstal wat ook tydens die ekspo gehou gaan word waar top kundiges op 'n praktiese wyse goeie raad en kennis sal deel. Die bekendstelling van die Wes-Kaapse Skolemelkprogram van die MPO sal ook tydens die Agri Megaweek plaasvind, en behoort nie misgeloop te word nie.
Ander suiwelvertakkings wat ook by die Agri Megaweek moontlike fokus sal geniet is skaap- en bokmelk. Rasuitstallings word beplan, wat meer lig op die bedrywe sal werp vir belangstellende produsente.
5 Junie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24