Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Swak-infrastruktuur-bedreig-landbou

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Swak infrastruktuur bedreig landbou

 
Deur NICO VAN BURICK

Landbou- en landelike infrastruktuur gaan só vinnig agteruit dat die land op die rand van ’n nasionale krisis staan.

Dit raak die koste om sake te doen só ernstig dat dit winsgewendheid en mededingendheid in die gedrang bring. Mnr. Thinus Ferreira, Agri SA se raadgewer oor infrastruktuur, het op die kongres gewaarsku dat infrastruktuur ’n deurslaggewende rol speel in die ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling van die land as ’n geheel.

Net wat die padnetwerk betref, het 75% van die paaie al hul ontwerpleeftyd van 20 jaar oorskry. Sowat 40% van die provinsiale padnetwerk is al by ’n krisispunt en die agterstand met onderhoud beloop R126 miljard. Die skade wat padgebruikers weens slegte paaie ly, beloop R20 miljard per jaar.

Ferreira sê tot 80% van alle vrag word op paaie vervoer en die druk op die padnetwerk is ondraaglik. Wat kommunikasie-infrastruktuur betref, is boere in talle gebiede vir maande, en enkele gevalle selfs langer as ’n jaar, sonder Telkomverbindings.

Kabeldiefstal
Op ’n onlangse vergadering met Agri SA het Telkom aangedui dat vastelyn- tegnologie in yl-bevolkte landelike gebiede afneem, veral weens onkeerbare kabeldiefstal. ’n Nuwe satellietplatform is as ’n moontlike oplossing vir landelike gebiede geïdentifiseer.

Hy sê dit sal meer bekostigbaar as die huidige “VSAT”-platform wees en vanaf volgende jaar beskikbaar gestel word. Mnr. Henk Vermeulen, ondervoorsitter van die beleidskomitee vir arbeid- en maatskaplike sake, het gesê boere moet meer fokus op die bestuur van probleme as om hulle blind te staar teen die omvang daarvan.

Die werklikhede van die landbou moet ook in ag geneem word. Hy sê volgens statistiek van 2007 was 56% van die 39 000 kommersiële boere in daardie stadium se omset minder as R500 000 per jaar. Dit is klein boere wat ’n stryd voer om te bestaan en moeilik bykomende werkers in diens kan neem.

24 Oktober 2011

0
 
 
  • 709 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bloed uit skaap se neus
  • Beeste en skape wei saam
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction