Deur ALANI JANEKE
12 Julie 2011

1477 keer gelees | 0 kommentaar

Plaaslike ekonome stem saam met die Wêreldbank dat swak paaie ’n regstreekse invloed op voedselpryse het.


Plaaslike ekonome stem saam met die Wêreldbank dat swak paaie ’n regstreekse invloed op voedselpryse het.

Luidens ’n berig in Beeld (12 Julie 2011) skryf dr. George Banjo, ’n senior vervoerraadgewer van die Wêreldbank, hoë voedselpryse in Afrika aan swak paaie op die vasteland toe.

Banjo was een van die sprekers by die 30ste Suid-Afrikaanse vervoerkonferensie. Volgens hom sal voedselpryse hoog bly en aanhou styg as Afrika nie sy paaie en vervoerstelsels opgradeer nie. Hy sê veral swak paaie in landelike gebiede is een van die grootste probleme.

“Daar is ’n verskil in die soort vervoerprobleme in ontwikkelde en ontwikkelende lande. Ontwikkelde lande se probleme is grootliks instandhouding, maar ontwikkelende lande het ’n mengelmoes probleme,” aldus Banjo.

Lees ook: Voedselpryse kan verdubbel teen 2030

Nie net paaie
Mnr. Ernst Janovsky, hoofbestuurder van Absa Agribesigheid, sê dié debat word reeds vir jare in Suid-Afrika gevoer. “Die blaam kan egter nie net op die skouers van swak paaie geskuif word nie.”

Hy sê daar moet ook wyer gekyk word na die bestaande infrastruktuur en hoe dít in stand gehou word. “Daar is stygende koste, soos dié van brandstof, wat ook ’n invloed het. En natuurlik lei swak paaie tot hoër slytasie van jou voertuig en dat bande gouer vervang moet word.”

Die feit dat Suid-Afrika ook nie sy spoorvervoer behoorlik kan aanwend nie, wat goedkoper as padvervoer sou wees, verskaf ook hoofbrekens.

Klimaatsverandering
’n Ander faktor wat volgens Banjo die wêreld in die gesig staar, is klimaatsverandering.

“Die grootste uitdaging is die instandhouding van bestaande paaie en nie die konstruksie van nuwe paaie nie. Ons moet nou reeds beplan hoe ons dié probleem gaan hanteer.”

Lees ook: Miljoene ly honger in Oos-Afrika

Bron: Beeld

12 Julie 2011

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights