Deur ALANI JANEKE
31 Mei 2010

2210 keer gelees | 0 kommentaar

Die swak toestand van die land se paaie pootjie ekonomiese vooruitgang, veral in landelike gebiede, sê Agri SA.


Die swak toestand van die land se paaie pootjie ekonomiese vooruitgang, veral in landelike gebiede, sê Agri SA.

Luidens ‘n verklaring het mnr. Sibusiso Ndebele, die Minister van Vervoer, aangedui dat hy en die Tesourie moontlik die stigting van ‘n padinfrastruktuur- en padonderhoudingsfonds oorweeg. Agri SA sê hy ondersteun só ‘n fonds, veral ten opsigte van die opgradering van paaie op provinsiale en plaasvlak.

“Die swak toestand van paaie is ‘n belangrike bydraende faktor wat maatskaplike en ekonomiese voorspoed in landelike Suid-Afrika kortwiek, terwyl dit beslis ook bydra tot die koste om sake te doen in ons land” sê mnr. Thinus Ferreira, voorsitter van Agri SA se infrastruktuur-wkgroep.

Ferreira beskryf landelike padnetwerke as die hartklop van ontwikkeling in veral landelike gebiede. “Die provinsiale en landelike padnetwerk verkeer onder ernstige druk en gaan vinnig agteruit. Dit bedreig die logistiek en die veiligheid van padgebruikers, terwyl gemeenskappe se toegang tot geleenthede soos bywoning van skole, klinieke en ander noodsaaklike dienste beperk word.”

Redes vir swak paaie?
Volgens Ferreira sluit die redes vir die swak paaie die swaar verkeervolumes, skade veroorsaak deur oorlaaide swaarvoertuie, ‘n verwaarloosde spoornetwerk, ‘n gebrek aan befondsing vir onderhoud en opgradering, asook swak vakmanskap in.

Die landbousektor word deur swak paaie benadeel, want produkte word beskadig, dit daag laat by markte op en onderhoudskostes aan voertuie neem toe. Ferreira sê sommige vervoerkontrakteurs weier ook om noodsaaklike dienste aan die sektor te lewer weens die toestand van sommige paaie.

Kontak met die minister
Agri SA het onlangs ‘n brief aan die minister gestuur om sy steun aan die stigting van ‘n fonds toe te sê, en om hom in te lig oor ‘n opname oor landelike paaie en probleme wat dringend aangespreek moet word. ‘n Versoek om die opname met die minister te bespreek, is ook gerig maar nog geen terugvoering is ontvang nie.

Ferreira is van mening dat voldoende padinfrastruktuur die land sal help om ‘n 5% jaarliks groeikoers aan te teken, wat sal lei tot die skep van werksgeleenthede. ’n Goed funksionerende logistiese stelsel en spesifiek ‘n effektiewe landelike padnetwerk, is vereistes vir die sinvolle implementering van die land se landelike ontwikkelingstrategie. Versuim om die betrokke agterstande aan te spreek, verminder die moontlikheid om die nodige resultate te behaal,” verduidelik hy.

31 Mei 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights