24 Mei 2012

584 keer gelees | 0 kommentaar

Swak paaie veroorsaak miljoene rande se skade vir boere, is bevind.


Swak paaie wat onder meer vibrasies veroorsaak wanneer veral vars produkte vervoer word, lei tot miljoene rande se skade vir boere, aldus ’n verslag.

Luidens ’n berig in die Volksblad word veral die vars produkte bedrywe deur dié neiging geraak. ’n Verslag wat deur die WNNR, Imperial Logistics en die Universiteit Stellenbosch saamgestel is, dui aan dat dié vibrasies die graanbedryf jaarliks sowat R2,5 miljoen laat inboet.

Volgens die verslag word die meeste skade aangerig wanneer vars produkte op grondpaaie vervoer word, want vrugte wat weens vervoer op swak paaie gekneus word, lei tot reuse-verliese. Al dié verliese sluit nog nie die skade in wat aan voertuie gedoen word nie.

Uitdaging
Mnr. Hans van der Merwe, hoof uitvoerende beampte van Agri SA, sê boere ly “enorme verliese”, veral in Mpumalanga waar paaie ál meer agteruitgaan weens toenemende mynaktiwiteite. “Alles gaan oor die koste en gemak om sake te doen. As jy meer vibrasies het met die vervoer van produkte, is daar groter vermorsing. Dit is ’n enorme uitdaging.”

Prof. André Jooste
, senior bestuurder van die Nasionale Landboubemarkingsraad, sê ondoeltreffende vervoer lei ook tot hoër voedselpryse. “Die spoorvervoerstelsel kan ’n baie groot rol speel om die probleem op te los.”

Die verslag dui aan dat die R262 miljard wat die Regering opsy gesit het vir vervoer- en logistieke projekte, prysenswaardig is, maar solank die paaie nie verbeter nie, word die land se vlak van mededinging belemmer.

Bron: Volksblad

24 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights