Swartwitpense dalk ingevoer

 

Zambiese wildboere is glad nie ingenome met die beweerde voornemende uitvoer van swartwitpense uit dié land se nasionale park Kavue na Suid-Afrika nie.

’n Groep van sowat 150 Zambiese swartwitpense uit Kavue is dalk binnekort na Suid-Afrika onderweg.

Groot geheimsinnigheid omhul die beoogde invoer en daar is selfs aan Landbouweekblad genoem dat dit ’n regeringsprojek is met die oog daarop om Boran-embrio’s in te voer. Die doel van die projek is blykbaar deels gemik op die oorlewing van suiwer Zambiese swartwitpense, waarvan na bewering bitter min oor is.

Dr. Ian Parsons, voorsitter van die Zambiese wildtelersvereniging (WPAZ), sê Zambië is steeds die beste plek om dié diere te teel en te jag. Hy het gesê die WPAZ en individuele telers ontvang dikwels navrae van ernstige kopers en “twyfelagtige individue wat hoop om voordeel te trek uit die huidige gier vir Zambiese swartwitpense”.

* Lees die volledige berig in Landbouweekblad van 6 November.

30 Oktober 2009

5
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.