Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Takel-land-bank-bedrog-n

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

‘Takel Land Bank-bedrog nóú’

 
Deur LIEZL VERCUEIL

Vermeende bedrog by die Land Bank is al vir ’n geruime tyd in die nuus en ’n verdoemende berig in die Sunday Times het veral bedrog by die bank se AgriSEB-fonds weer onder die vergrootglas geplaas. Luidens die berig is miljoene rande wat deur dié fonds vir landbouprojekte gebruik moes word, op duur motors en eiendom vir regeringsamptenare by die bank bestee.

Dié geld is van die voormalige Departement van Landbou en Grondsake aan die Land Bank oorbetaal. Sowat R87,7 miljoen is in 2007 en 2008 van ’n spesiale bankrekening aan landbouprojekte uitbetaal. Mnr. Xolile Ncame, wat kort nadat hy die fonds ’n “geldwassery” genoem het uit sy posisie as die bank se hoof finansiële beampte ontslaan is, sê die geld is in een betaling na die Land Bank oorgeplaas met instruksies oor die ontvangers van die geld.

Luidens ’n artikel op Fin24.com is daar ’n beperking van R43 000 vir toelae aan individue uit die AgriSEB-fonds. Ondanks dié beperking het regeringsamptenare miljoene vir persoonlike gebruik uit die fonds onttrek.

Mnr. Dan Mofokeng, ’n voormalige lid van die Gautengse uitvoerende raad belas met behuising, het na bewering R2 miljoen van die fonds aan ’n huis in Pretoria bestee en ’n luukse Mercedes Benz-motor kontant gekoop. Hy het glo ook R6,5 miljoen van die fonds ontvang as aandeelhouer in ’n landbouprojek in Limpopo.

Mnr. Phil Mohlahlane, waarnemende uitvoerende hoof van die Land Bank toe die betrokke uitbetalings gemaak is, het na bewering geld uit die fonds gebruik om ’n huis in Kyalami vir R2,7 miljoen kontant te bekom. Nóg R6,4 miljoen is glo vir ’n plaas in Limpopo betaal wat aan Mohlahlane se skoonsuster behoort.

Volgens die Demokratiese Alliansie (DA) moet nou daadwerklik iets aan die Land Bank-kwessie gedoen word. Dié party meen dit kom voor asof niks gedoen word om die skuldiges aan te spreek nie, al is daar genoeg bewyse om sake van bedrog aanhangig te maak.

Bron:
Fin24.com
Sunday Times

26 Oktober 2009

4.666665
 
 
  • 1807 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Jan Alleman 
27 Okt 2009 12:27

Kom ons maak asof ons vir julle geld leen en julle maak asof ons jull betaal!

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Foto: STEPHAN GERICKE
  • DEXTER BEESTE VIR DIE TOEKOMS
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction