Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Tapmelk-nie-altyd-plaasvars

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Tapmelk nie altyd plaasvars

 
deur MARLEEN SMITH

Tapmelk, wat uit grootmaat-tenks verkoop word, is nie altyd plaasvars en gesond nie. Navorsers van die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein het monsters van 53 sulke melkverkopers in en om die stad geneem en bevind dat die meeste die wetlike riglyn vir koliform-bakterieë oorskry, wat beteken dit bevat heel moontlik organismes wat siektes veroorsaak.

Die e. coli-bakterie, wat voedselvergiftiging kan veroorsaak, is in 29 van die monsters gevind. Die helfte van die monsters was nie gepasteuriseer nie, en twee was net deels gepasteuriseer. In nege van die monsters was spore van etanol.

In een van die monsters is selfs spore van ’n ontsmettingsmiddel gevind, waarskynlik omdat die tenk nie behoorlik uitgespoel is nadat dit ontsmet is nie, sê dr. Karabo Shale, een van die navorsers van die departement vir landbou en omgewingswetenskappe.

Shale het hul navorsingresultate op ’n suiweltegnologie-simposium buite Thaba Nchu voorgehou. Die somatiese seltelling en fisio-chemiese samestelling van die melk wat hulle getoets het, was in die algemeen goed en op standaard.

Die hoë mikrobe-inhoud is dus ’n aanduiding dat die probleem by die proses buite die plaashek lê. Die navorsers skryf dit aan gebrekkige kennis van higiëniese prosedures onder die melkhanteerders en -handelaars toe.

Werkers word ook nie behoorlik opgelei nie. Shale sê by een van die tapmelkpunte wat hulle besoek het, het ’n werker selfs ’n mop gebruik om die tenk skoon te maak.

Hulle is ook oortuig dit is ’n landwye probleem en nie net tot die omstreke van Bloemfontein beperk nie. Melk word al dekades lank in veral laer sosiaal-ekonomiese woonbuurte uit grootmaat-tenks verkoop, en dit is algemeen bekend dat die nodige higiëniese maatreëls dikwels nie toegepas word nie, sê Shale.

Maar juis omdat ’n groter aantal mense met swak immuniteitstelsels in dié gebiede woon, is dit des te belangriker dat die melkhanteerders en -verkopers opgelei word om die voedselveiligheidsreëls na te kom.

18 April 2011

5
 
 
  • 1319 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Leeuboer stel sy saak
  • Ontwerper wen met sybokhaar
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction