Deur JOYLENE VAN WYK
Dit is ‘n groot kommer dat die land nie graantariewe het nie, sê me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye.
Joemat-Pettersson het haar kommer aan die Parlement se poertefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye uitgespreek.
Graan SA het reeds met mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, vergader om dié kwessie te bespreek.
Sy sê as voortgegaan word sonder enige tariewe dan sal graan teen ‘n verlaagde prys ingevoer word, wat die plaaslike bedryf sal knoei.
“As die kommersiële boer sukkel met insetkoste vir graan, kan jy net dink wat dit vir opkomende boere beteke,” sê Joemat-Pettersson.
16 September 2009
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)