|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Aangepaste teelwaardes is pas vir Simmentalers en Simbras bekend gemaak. Daar is ook aanpassings in geval van sommige teelwaardes vir die bepaling van die rasgemiddeldes vir dié rasse in Suid-Afrika, Namibië en Botswana.
Die nuwe waardes vir die onderskeie gemete eienskappe by dié twee rasse lees soos volg (vorige teelwaardes waar van toepassing in hakies):
* Simbra: Geboortegewig 1,1; speengewig 11,0 (12,0); jaaroud-gewig 16 (17); 600 dae-gewig 22; koeigewig 22; en melk 2 (3,3).
* Simmentaler: Geboortegewig 1,3; speengewig 12; jaaroud-gewig 17 (18); 600 dae-gewig 23; koeigewig 24 en melk 4. Die waarde vir die gemak waarmee 'n bul se kalwers gebore word (CED) bly 0,0, maar die waarde vir gemak waarmee 'n bul se dogters kalf (CEM) het van 0,0 tot 0,3 verbeter.
5 September 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24