“Daar is boere wat hul werkers goed hanteer en na hulle omsien. En ons erken die rol wat Agri SA speel om beter lewenstandaarde daar te stel, aar ons weet ook nie alle boere is engeltjies nie.”
Dít was die woorde van me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, nadat sy deur Agri SA aangespreek is oor uitlatings wat sy oor boere op die program Morning Live gemaak het voor die tweedaagse nasionale plaaswerkerberaad in Sometset-Wes plaasgevind het.
Die minister het opgemerk hoewel baie boere goed na hulle werkers omsien, dit nie geïgnoreer kan word dat baie boere hulle werkers uitbuit, mishandel en hulle menseregte misken nie. “Donker realiteite van mishandeling en uitbuiting van plaaswerkers en plaasbewoners bestaan wel.”
Klik hier om na ‘n videogreep van die minister te kyk.
Ondersteun boere om werkers te bevoordeel
Joemat-Pettersson sê die strukture vir finansiering wat boere vroeër ondersteun het, moet weer op die been gebring word aangesien die sektor baie druk ervaar sedert baie van dié liggame nie meer ondersteuning bied nie.
“As ons nie boere help nie, gaan die hele sektor swaarkry en plaaswerkers sal ook hulle werk verloor.”
Volgens die minister moet plaaslike en internasionale markte vir produkte ontgin word. Sy het ook opgemerk dat aandag nodig is rakende tariefskemas in ander lande wat plaaslike boere benadeel deurdat goedkoop produkte die land binnekom.
“Dit veroorsaak ‘n bose sirkel wat gebreek moet word, want wanneer boere swaarkry, kry werkers ook swaar.”
Intussen het mnr. Johannes Möller, de voorsitter van Agri SA, weer eens ‘n beroep op departemente, werkers en ander instansies gedoen om sy organisasie in te lig oor enige misdrywe waaraan boere hulle skuldig maak.
“Plaaswerkers is een van ons mees belangrike bates, en ons erken dat plaaswerkers mense is met regte en dat ons ‘n verantwoordelikheid teenoor hulle het. Ons word gereeld daarvan aangekla dat ons hulle sleg hanteer, soos varke, en ja dat ons van hulle vermoor. Ons wil onsself hiervan verwyder, en vra ‘lig ons in oor misdrywe’. Nog geen departement of individu het, ondanks baie versoeke daarvoor, ons oor sulke misdrywe ingelig sodat ons dit kan aanspreek nie.”
30 Julie 2010
Kommentaar
Nie alle ANC ministers is skelm, lui, onbevoeg en onnosel nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)