|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Dit lyk asof die Minister van Landbou, Vissery en Bosbou me. Tina Joemat-Pettersson ‘n redelike mate van begrip toon vir die stryd wat veeboere met probleemdiere het, sê mnr. Petrus de Wet, voorsitter van die Probleemdierebeleidskomitee. Lede van die komitee het onlangs met haar samesprekings gevoer om die voorgestelde wetgewing te bespreek.
De Wet sê die minister het aangedui dat sy die situasie begryp en besef dat boere geweldige verliese lei. “Om hierdie rede het sy besluit om ‘n amptenaar aan te wys om met die Departement van Omgewingsake oor sekere aspekte van die nuwe wetgewing te onderhandel. Ons is steeds van mening dat indien die finale konsepwetgewing net so aanvaar word, ernstige probleme veeboere in die gesig staar. Dit sal onverantwoordelik wees om boere onder die indruk te bring dat sake sal verbeter aangesien daar beperkings is op sommige van die metodes wat tans aanwend word.”
Volgens De Wet is die invloed van die diereregte-aktiviste duidelik in die konsepwetgewing “Lede van die werkgroep verskil oor sekere van die norme en standaarde en ongelukkig is die boeregroepering wat die wetgewing positief kan beïnvloed, in die minderheid.”
De Wet het erken dat die samesprekings met die Joemat-Pettersson daarop gemik was om haar steun vir hulle standpunt te werf en te versoek om regstreeks by die kwessie betrokke te raak. “Ons is bly dat sy tydens Agri SA se jaarkongres in die openbaar haar steun aan ons saak toegesê het en aangedui het dat sy haar departement se standpunt aan die Ministerie van Omgewingsake sal oordra,” het de Wet bygevoeg.
28 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Net omdat jy meer skade lei deur veediefstal beteken dit nie dit is by almal die geval nie. Studies het getoon dat probleemdier skade die van veediewe met meer as vier keer oorskrei.
Ek het die afgelope jaar 3 skape, een koei en 30 lammers weens diefstal verloor.
In dieselfde tyd het ek net 2 skape weens "probleem diere" verloor.
Is ons nie besig om 'n hengse bohaai te maak oor die verkeerde probleem nie ?
Klink amper soos die ANC wat hier praat. Lawaai oor iets anders en jou ondersteuners kom nie agter dat jy nie werklik aandag gee aan hulle werklike probleme nie ?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)