Tina wil boere-uittog na Afrika keer

 

Agri SA sê daar is nog heelwat onsekerhede wat uit die weg geruim moet word voor hy met vrymoedigheid boere se betrokkenheid elders in Afrika kan help bewerk.

Mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur, het verwys na die Suid-Afrikaanse boere wat reeds op eie inisiatief elders in Afrika betrokke geraak het. Agri SA hanteer ook gereeld versoeke deur verskeie Afrika-regerings om te help met hul landbou-ontwikkeling deur Suid-Afrikaanse boere aan te moedig om hulle boerderybelange daarheen uit te brei.

“Dit is vir Agri SA belangrik dat die risiko’s wat met boerdery elders in Afrika gepaard gaan, verminder moet word deur seker te maak dat daar op interregeringsvlak toepaslike ooreenkomste bestaan wat onder meer belegging sal beskerm en ’n meer voorspelbare beleidsomgewing sal waarborg.”

Boervestiging was ook op die lys van voorrangsake in ’n onlangse gesprek met me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye. Hy sê die Regering gee, waarskynlik om politieke redes, voorkeur aan Zambië, Angola, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Suid-Soedan.

“Ons het haar daarop gewys dat Suid-Afrika nie onbeperkte vermoë het nie en dat dit beter sal wees as almal saam besluit waar ons betrokke kan raak. Sy het dit duidelik gestel dat die  Regering nie ’n uittog van boere wil sien nie, maar eerder boere wat hul boerderyvertakkinge uitbrei.”

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 5 Februarie 2010.

3 Februarie 2010
 

4
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.