Deur JOYLENE VAN WYK
18 Mei 2012

1057 keer gelees | 5 kommentaar

Die inkomste wat landboutrusts uit regeringsheffings kry, word tot voordeel van kommersiële boere gebruik, sê me. Tina Joemat-Pettersson en daarom is ingryping nodig.


Die inkomste wat landboutrusts uit regeringsheffings kry, word tot voordeel van kommersiële boere gebruik, sê me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye. Daarom is ingryping nodig, meen sy.

Joemat-Pettersson het vroeër vanjaar in die Parlement aangedui dat die hersiening van die 13 trusts vanjaar voorrang sal geniet. Daar sal bepaal word of die trusts, met gesamentlik sowat R2 miljard in hul koffers, nog ’n doel dien.

Die trusts kry regeringsheffings en gebruik 20% daarvan vir transformasie. Joemat-Pettersson het aan Landbouweekblad gesê sy wil gelyke geleenthede vir alle boere bewerkstellig.

Volgens haar dien die heffings tans “net die bevoorregte mense”. “Die bevoorregtes glo omdat hulle die heffings betaal, moet hulle die begunstigdes daarvan wees.

Heffings is ’n vorm van belasting. ’n Mens kan nie belasting betaal en dan self besluit wat daarmee gedoen moet word nie.”

Heffings
Sy het gesê heffings word in die openbare sektor aangewend om voorheen benadeelde mense op te hef, maar in die landbou “word die kleinste persentasie van die inkomste verkry uit heffings gebruik om kleinboere te ontwikkel”.

“Die Regering versoek die bedryf wetlik om heffings te betaal. Ons bepaal wat die heffing is.” Joemat-Pettersson het gesê meganismes moet geskep word om kleinboere te ontwikkel.

“Indien die sektor deur middel van die trusts oneweredige toewysings het om die bedryf te ontwikkel en dit so oneweredig is dat dit in die guns van die kommersiële wit sektor is, dan moet ek ingryp.” Woordvoerders van die trusts het aangedui hulle sal die verpoeling van die trustgeld teenstaan.

18 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Boertjie

2012/05/20 07:17:41 PM

Ag daar kom die rassekaart alweer! Min Joemat, as 'n bedryf nie ontwikkel word nie, sal daar ook nie geleenthede vir opkomende boere wees nie. Daar is 'n groter prentjie as net die verdeling tussen wit en swart.


Onbekende besoeker

2012/05/19 10:22:59 AM

Die minister soek die geld, of vir haarself en die kabinet, of vir opkomende boere, wat ons almal weet wie hulle is, die opkomendes kry alreeds hul plase gratis, hulle kry trekkers en implemente, hulle kry saad, en dan verkoop hulle die plase want hulle is nie boere, so, waar moet die geld vandaan kom, vir die "volgende opkomende boere" so verryk sy hulle lekker. En die regering drink al 4 spene leeg, en dan gee hulle die uitgesuigdes vir die "opkomende boere. Hoekom nie net nuwe trusts skep nie, los die bestaandes, dis mos 'n trust, en volgens my is 'n trust 'n trust, wat die regering nie sommer net kan vat nie? Net eienaardig, ek het nog GEEEEEEN artikel gesien waar geld vir die huidige boere, die blanke boere by name geskenk is, of geld gegee is omhul rekeninge by die kooperasies te betaal nie. Praat van regverdigheid Tina, eendag gaan jy ook voor God rekenskap gee vir jou regverdigheid. Jou rassistiese optrede is diskriminasie teen ons huidige boere wat die kos op die tafel verskaf.


Verwarde Melkboer

2012/05/18 08:55:47 PM

En die bestuurders van hierdie trusts probeer natuurlik hulle bes om die geld in stryd met die trusts se doelstellings aan te wend. Ek verstaan die melktrust het nie geld om navorsing te befonds nie. Is dit so en wat het hulle dan met die navorsingsgeld gedoen?


Saaiboer

2012/05/18 05:45:36 PM

Ek kan nie glo dat die minister so onkundig is nie! Indien navorsing met die geld gedoen word is dit vir almal, nie net vir bevoorregtes nie, ek wens sy wil 'n slag net begin dink voor sy iets kwytraak. Plaas doen sy haar werk wat sy moet doen, woon dit by wat sy veronderstel is om by te woon, en hou op om oor goed te praat wat sy nie verstaan nie. Sy moet ook haar rassistiese houding indruk waar die son nie skyn nie.


Johan v H

2012/05/18 01:52:54 PM

Daar word in die algemeen deur die regeering gedink dat daar geen blanke kleinboere is wat ook ondersteuning nodig het. as die mense ook verstaan dat klein boere ook mense in diens het, en hulle gehelp word om te ontwikkel en teverbeter dat meer as net die een persoon is wat gehelp word. Na seker 18 jaar kyk die regeering nog altyd vas in wit en swart. En waar die 'kapitaliste" die stelsel gebruik.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights