Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Tlu-kap-mbeki-oor-amnestie-aan-plaasmoordenaars

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

TLU kap Mbeki oor amnestie aan plaasmoordenaars

 
Nico van Burick

Die Transvaalse landbou-unie (TLU) sê die ondeursigtigheid van die presidensiële amnestie vir 33 "uitverkore partygenote, waaronder verskeie plaasmoordenaars", laat met reg vrae by boere ontstaan.


Die unie verwys in 'n verklaring na vier beweerde plaasmoordenaars. Hulle is Zama Thutha, Luvoyo Kulman, Monwabisi Khundulu en Lollie Kwakwari.


Khundulu is skuldig bevind aan die moord op mnr. Mattheus en mev. Jeanette Palvie in 1986 op hul plaas naby Cradock. Thuthu is skuldig bevind aan die moord op me. Donne Meyers in 1993, wat doodgeskiet is toe haar pa, Mike, se voertuig gekaap is terwyl hulle melk afgelewer het. Kulman was aangekla van die moord op me. Leonie Pretorius van die plaas Danside naby Ficksburg in 1992.


Die TLU sê ondanks die polisie en die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) se bevinding dat die moorde nie politiek geïnspireerd was nie, laat pres. Thabo Mbeki hulle vry en bevind dat dit deel van die "struggle" was.


Mnr. Gert Ehlers, voorsitter van die TLU, sê pres. Mbeki skuld die boere van die land antwoorde op die vrae of aanvalle op boere politiek geïnspireerd is, of plase teikens is van 'n verlengde "struggle", of plaasaanvallers as vryheidsvegters geklassifiseer word en of die president verhewe is bo die regstelsel en die WVK.


Die president se reg om vrywaring toe te staan, word nie bevraagteken nie. "Hy moet egter 'n voorbeeld aan sy administrasie stel. Deursigtigheid is 'n kernbeginsel van die Grondwet en verg sy respek."


Hy sê pres. Mbeki se raadgewers en sy oordeel het hom in die steek gelaat. "As amnestie ter sprake kom, moet dit alle partye insluit met behoorlike norms sodat daar nie bloot meer misdadigers op straat losgelaat word nie."


Mnr. Ehlers sê die president stel hom bloot aan 'n soort "Mugabe-etiket". 'n Herhaling van hul vorige misdade deur enige van die vrygelates, kan tot eise om vergoeding teen die Regering lei.


"Pres. Mbeki moet sy besluit motiveer. Lippediens bring nie vrede en voorspoed nie. Strategiese planne vir die landbou is bloot papier as die boere nie gerusgestel word nie," het hy gesê.

29 Mei 2002
0
 
 
  • 1862 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Beste brandewyn-rabatwyn hier
  • Toer saam na Argentinië
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction