|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die omvang van die salarisverhogings wat Eskom aan sy top-echelons toegestaan het, is met weersin ontvang, sê die TLU SA.
In ‘n nuusverklaring sê mnr. Ben Marais, voorsitter van die TLU SA, sê terwyl verbruikers gebuk gaan onder onbekostigbare tariefstygings wat veroorsaak is deur Eskom se onvermoë om tydig maatreëls te tref om die stygende energievraag te akkomodeer, is die einste topbestuur nou die bevoordeeldes wat baat vind by dié toename in inkomste. Dit alles desondanks die feit dat ’n verdere tariefverhoging verbruikers in die oë staar.
“Uit syfers wat in die media gerapporteer is, is daar ’n duidelike verband tussen die toename in inkomste (28,6%) en die afgelope twee jare se tariefverhogings,” sê Marais. “Die vraag kan dus met reg gevra word of Suid-Afrika se energieverbruikers genoeë moet neem met die nuutste toedrag van sake? Waarom word die styging in inkomste nie benut om verbruikers, wat reeds in ’n onbenydenswaardige kosteknyptang vasgevang is, tegemoet te kom nie?”
“Ek kan tot geen ander gevolgtrekking kom as dat daar ’n selfverrykingsproses aan die gang is wat deur kliente gefinansier word terwyl energievoorsiening steeds ’n risiko vir verbruikers inhou nie.”
“Dit is hoog tyd dat Eskom se topbestuur hand in eie boesem en beursie steek”.
Lees ook: Eskom skuld boere verskoning
1 Julie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Kyk na Eskom se bestuur, daar is so baie hoogsbetaalde bestuurders wat nie hulle werk doen nie terwyl die operateurs wat die stasie werklik bedryf karige vergoeding kry en bonusse is weggevat sodat daar bespaar kan word. 'n Operateur kry 'n pakket van R20 000 per maand maar slegs 60 % word aan hom uitbetaal, selfs skoftoelae wat veronderstel is om 15% te wees word net 60% van uitbetaal. Hulle het van buite-kontrakteurs ontslae geraak, nou bedryf hulle skynbaar die kontrakteurbesigheid self. Hoekom kry operateurs net 60% van hul pakket?
Sien korrekte inligting. Jammer vir die Ingels.
"Amateurish mistake
In what observers said at best can be described as an amateurish mistake, Motua failed to recognise that in the case of the human resources head he was comparing a 12-month period of remuneration with only two months worth of salary in the previous financial year. The particular official, Bhabalazi Bulunga only joined Eskom in February 2010.
In the case of the financial director, Paul O'Flaherty the full package for the 2011 financial year was compared to only expand »three months during the 2010 financial year. O'Flaherty only joined Eskom in January of 2010.
According to a statement since the initial attack by Motua, Eskom revealed that "those executives who were in place throughout both financial years saw their pay packages increase by an average of five percent or less.""
http://www.leadershiponline.co.za/articles/other/…
Kleintjie is reg ! Kan iemand ons nie help om 'n petisie in plek te kry? Hierdie is vir die landbou uiters dringend. Die Openbare Beskermer moet ook kyk na die mense se vergoedindg. Hulle vergoeding kom uit die verbruiker se sakke.
Kom laat almal hulle beswaar aanteken. Hulle doen net wat hulle wil
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)