Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Tlu-sa-staat-het-plig-met-brande

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

TLU SA: Staat het plig met brande

 
Deur ALANI JANEKE

Kommer bestaan omdat die staat glo nie aan vereistes ten opsigte van brande voldoen nie, sê die TLU SA.

Hoewel die oorsaak van die verskeie verwoestende brande van verlede week tans ondersoek word, “kom al meer getuienis na vore dat die staat self nie voldoen aan alle vereistes wat aan grondbesitters gestel word rakende brande nie,” sê die organisasie in ’n verklaring.

Mnr. Louis Meintjies, ondervoorsitter, sê hulle vind dat die staat in baie gevalle geen voorbereidings op sy grond tref nie. “Baie brande ontstaan, hetsy moedswillig of nalatig, op padreserwes wat onder die beheer van die Regering is. Slegs in uitsonderlike gevalle is die padreserwes behoorlik voorberei vir die brandseisoen.”

Brandverenigings
Volgens Meintjies is hulle ook bekommerd oor die feit dat die Regering, wat verplig is om aan brandverenigings te behoort, nie daarby ingeskakel is nie. Hy sê tydens verlede week se kwaai brande was die staat se rampbestuursvermoë “hoogs ondoeltreffend” en in sommige streke het dit glo totaal ontbreek.

“Boere was dus uitsluitlik op hulself aangewese.  Maar tog word van boere, wat nou alles verloor het, verwag om steeds belasting aan staatsinstellings te betaal terwyl daar geen hulp of diens was nie.” Meintjies meen dat dié saak spoedig aangepak moet word.

Meintjies moedig boere aan wat nog hulp nodig het, om hul streekkantore of die TLU SA se hoofkantoor te kontak. Hy bedank ook boere wat reeds begin het om hul medeboere met voerskenkings en dies meer by te staan.

Iemand anders se probleem
Intussen sê mnr. Malcolm Procter, die adjunkdirekteur van bos- en veldbrandtoesig by die Vrystaatse departement van landbou, bosbou en visserye, hulle is baie bekommerd oor ’n beweerde neiging wat na bewering veral onder opkomende boere voorkom.

“Baie boere brand tans vir vroeë weiding en baie keer brand hulle te midde van ongunstige weerstoestande. In sommige gevalle het ons dit ook al ondervind dat opkomende boere die veld aan die brand steek en iemand anders dan die brand moet blus.

"Daar is onlangs in die distrik Memel 4 600 ha afgebrand weens iemand wat die veld aan die brand gesteek het en gereken het iemand anders moet die brand maar blus.”

Procter sê hulle is baie bekommerd oor die voorkoms van brande in komende maande, aangesien 120 553 ha reeds vanjaar in die Vrystaat afgebrand het.

30 Augustus 2011

0
 
 
  • 877 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nuwe trekkers verkoop traag
  • Sediment bedreig damme
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction