|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Ná die groot sukses van AMT se vooruitskouingskonferensie vir die landbou wat op 11 September gehou is, is besluit om 'n soortgelyke konferensie in die Kaap te hou. Dié konferensie word op 14 Maart met die samewerking van Landbouweekblad in die Bellville Sanlam-ouditorium gehou.
Die prystendense van koring, vrugte, aartappels, volstruise, die melkbedryf, wyn en wol sal onder meer bespreek word.
'n Oorsig oor die verloop van die vrugte- en wynbedrywe, asook ekonomiese tendense word gegee. Die impak wat 'n tekort aan besproeiingswater op die sagtevrugtebedryf se groei in die toekoms sal hê, is ook deel van die besprekings op die program.
'n Ander opwindende onderwerp, hoe om geleenthede in Afrika te benader, sal deur prof. Willie Estherhuyse van die Universiteit van Stellenbosch bespreek word. Die mededingendheid van en bemagtiging in die landbou sal onderskeidelik deur prof. Herman van Schalkwyk en prof. Eckart Kassier behandel word. Neigings van produksiekoste sal in diepte deur John Purchase van Graan Suid-Afrika bespreek word.
Van die ander sprekers by die geleentheid, is mnr. Guillaume Cloete van Aartappels Suid-Afrika, dr. Willem Burger van die Klein-Karoo Koöperasie, mnr. Boy Blanckenberg van die Melkprodusente-organisasie, dr. Paul Cluver, mnr. Dicky Downing van die Suid-Afrikaanse Kamer van Nywerheid, mnr. Schalk Burger van Ou Mutual en mnr. Johan van den Berg van Envirovision.
Registrasie is vanaf 08:00 en kos R450.
Navrae: Minda Bornman, tel. 083 594 7112, of e-pos: minda@amtrends.co.za.
20 Desember 2002
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24