|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Drie landboutoere na Australië en China vir onderskeidelik die bees-, mielie- en aartappelbedryf vind aanstaande jaar plaas.Die mielietoer van 26 Januarie tot 8 Februarie 2003 begin in Melbourne met besoeke aan mielieboere, saadkwekers, kuilvoerprodusente en kultivarproefaanplantings.
Van 19 April tot 4 Mei 2003 het aartappelboere die geleentheid om die vyfde Wêreld-Aartappelkongres in Kunming, China, by te woon. Produksiegebiede, verwerkings- en verspreidingsgeriewe word besoek, asook navorsers van die Chinese Akademie vir Landbouwetenskap.
Die beestoer van 24 April tot 7 Mei 2003 begin in Brisbane. Beef Australia 2003, die grootste skou in die Australiese beesbedryf, word besoek. Boere kan daar met meer as 700 uitstallers kan gesels, meer as 40 beesrasse sien, die internasionale beesbedryf-konferensie en ander seminare bywoon en internasionale navorsingprojekte evalueer. Dit sluit ook in besoeke aan plase, besprekings oor bestuursonderwerpe en evaluering van rasse soos die Belmont Red en die Droughtmaster.
Bel Agricultural Tours Worldwide by tel. 012 803 4358/65 vir meer inligting.
20 Desember 2002
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24