Deur JOYLENE VAN WYK
15 Mei 2012

1226 keer gelees | 7 kommentaar

Ná vele waarskuwings oor swak verslae het die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou dié departement en sy provinsiale hoofde weggejaag.


Ná vele waarskuwings oor swak verslae het die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye die departement en sy provinsiale hoofde weggejaag.

Dit het gebeur nadat lede van die provinsiale landboukomitees en die een van die Parlement ontdek het dat noodsaaklike inligting uit verslae van die departement kortkom.

Die amptenare is aangesê om eers weer na die komitee terug te kom wanneer volledige verslae beskikbaar is wat duidelik die departement se uitdagings, mislukkings en sy welsale reflekteer.

Die amptenare moes aan die komitees verslag lewer oor die Regering se omvattende landbousteunprogram (Casp) en sy leningskema vir swart boere (Mafisa), Illima-Letsema, Landcare en die ander nuwe projekte wat hy mee begin het.

Slordige en onvolledige verslae
Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het al self haar departement voor stok gekry vir slordige en onvolledige verslae.

Volgens die komitee maak die verslae nie sin nie omdat dit nie reflekteer wat komiteelede gesien het toe hulle projekte besoek het nie. Die verslae het ook net syfers bevat en nie inligting oor wat bereik is en wat die struikelblokke is nie.

Mnr. Lulu Johnson, voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye, het gesê dat die amptenare van die departement moet seker maak dat hulle die doelwitte van die programme verstaan en dat hulle mandaat een is om armoede te verlig.

Komiteelede het ook hul ongelukkigheid meegedeel oor die voortdurende afwesigheid van beide Joemat-Petersson en haar adjunkdirekteur-generaal, mnr. Langa Zita, wanneer die departement aan die komitee moet verslag lewer. ‘n Vergadering met die provinsiale departementshoofde en die Minister sal voor einde Junie belê word.

15 Mei 2102


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butch van blerk

2012/05/17 08:14:46 AM

Dankie Prof Willemse - dis tyd dat julle kundige akademici julle SA landbou skaar en deelneem aan die proses om die Landbou op die hoe grond te plaas . Politici maak misbruik van ons stilswye en probeer rule en regulate, want almal bly altyd stil. Die tyd vir swyg is verby en lanbou moet die klok harder lui as die klomp politici.


mkruger

2012/05/17 08:09:15 AM

Johan, Dit is hoekom ek al talle male gese het dat die georganiseerde landbou die bestuur van die landbou moet "oorneem"/dryf en self bv toesien dat herverdeling behoorlik gedoen word. Dit wil egter voorkom asof hulle dit nie wil doen nie JUIS sodat hulle, soos is die geval, kan se "kyk hoe sleg is die klomp - ons het julle mos gese"...... So ons almal weet hulle is onbevoeg en mors geld en die enigste manier wat ons die vermorsing gaan stop is om self betrokke te raak.


Johan willemse

2012/05/16 06:48:44 PM

Boere, dit wys net weer dat die nasionale dept van landbou,na my beskeie mening bitter min waarde toevoeg tot suksesvolle landbouproduksie en om voldoende en bekostigbare voedsel te verseker. Kommersiele boere is suksesvol, ten spyte van die nasionale departement se onbevoegdheid en geld vermorsing.Daarom is ons boere wereldwyd in aanvraag,behalwe in SA, waar die ANC, die vakverbond Cosatu en Komuniste regeer!


Frans Boer

2012/05/16 11:06:20 AM

Nog 'n week of maand of drie gaan verby ... nog 'n 5 of 20 of 100 miljoen wat gemors is as gevolg van onderprestasie, onbevoegdheid en geen verantwoording nie. Daar is steeds nie een van hulle se posisies in gedrang nie en geen geskrewe waarskuwings het die uitspraak vergesel nie. As dit ek was, was ek lankal afgedank? Mnr. Johnson, julle aksie is prysenswaardig, maar wys nou ook dat julle gesag het oor julle dislojale, nie-presterende werknemers en doen wat gedoen moet word. Hierdie mense dra by daartoe dat miljoene vermors word en dat duisende ly as gevolg van projekte wat faal.


Butch van blerk

2012/05/16 08:32:15 AM

" Verdere bewys van wat mens met onbevoegde, onopgeleide en onopleibare aptenare uitgerig kry en selfs die Min en DG neem zero verantwoordelik - peil reguit op die afgrond af - sonder remme


mkruger

2012/05/16 08:02:06 AM

Hoe kan Pa nou so lelik wees..... Die mense het 'n reg op 'n werk....volgens die ANC. Nerens staan dit dat hulle moet werk ook nie...


Saaiboer

2012/05/16 06:50:19 AM

Wat 'n tragiese gemors! Hulle volg maar net hulle minister se voorbeeld. Die minister en klomp van die kamerade gaan eers besef hoe belangrik landbou is die dag as hulle ondersteuners nie meer kos het om te eet nie, en dan is dit te laat.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights