|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Rooivleis Produsente-organisasie (RPO) in Limpopo het veeboere aangeraai om alle vee teen Slenkdalkoors te spuit ná ’n onlangse uitbreking van die siekte in die Noord-Kaap.
Volgens me. Wilma Prinsloo, bestuurder van die RPO Limpopo, kom dié insek-oordraagbare virus-siekte sporadies voor en omdat tydperke tussen uitbrekings soms lank duur, ent die meeste vee-eienaars nie hul diere nie.
Die meeste vee in Suid-Afrika is dus vatbaar en die siekte versprei baie vinnig. Sowat vyf beeste het reeds in die Noord-Kaap gevrek.
Die siekte tas hoefdiere soos beeste, skape en bokke aan, maar hou ook ’n gesondheidsgevaar vir mense in.
Veral veeartse, veeboere en plaaswerkers raak blootgestel wanneer hulle met besmette vee werk.
Lammers en bokke jonger as twee weke is baie vatbaar. Hulle ontwikkel ’n hoë koors binne 1-3 dae ná besmetting en tot 95% van aangetaste lammers kan vrek.
Skape is lusteloos, traag om te loop, vreet nie en gooi op. Dragtige ooie aborteer. Vrektes onder skape kan so hoog soos 30% wees en tot 60% van dragtige ooie kan aborteer.
By kalwers kom ligte kliniese tekens en tot 15% vrektes voor. By volwasse beeste is tot 40 % aborsies soms die enigste siektetekens.
Die siekte kom gewoonlik in die laat somer in warm en vogtige toestande voor. Diere in laagliggende gebiede en naby damme, vleie en riviere, moet liefs geskuif word na hoërliggende dele en goeie insekbeheer kan voordelig wees.
Lewende entstof kan by Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) gekry word vir alle nie-dragtige vee en bied goeie beskerming.
Mense wat met besmette karkasse werk, moet beskermende klere dra en melk moet gepasteuriseer word vir menslike gebruik.
* Kontak OBP by 012 522 1500 vir verdere navrae en inligting rakende die entstof.
Lees ook die Slendalkoors-dokument in PDF-formaat hieronder.
5 November 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
dit is erg
Hi Anel,
sekere wild is wel vatbaar vir Slenkdalkoors. Lees gerus die volgende artikel in ons Vra vir Faffa afdeling hieroor:
Slenkdalkoors in wild
Wat oordrag deur muskiete aangaan:
Dit is moontlik, maar besmetting gebeur makliker as mense kontak met besmette diere of vleis het.
Lees die volgende artikel rakende voorkoming van die siekte:
Slenkdalkoors: Voorkoming die sleutel
Ek is nie bewus van 'n entstof vir mense nie, maar dit beteken nie dat daar nie noodwendig een is nie. Ek is glad nie 'n kundige op die gebied nie. Ek hoop die artikels help.
Is dit waar dat besmette muskiete die siekte na mense oordrae? Is daar enige entstof of voorkomings maatreels vir mense? Kry wild dit ook? Ons weet van 3 Natuurbewaarders wat nou ook die siekte het maar glad nie in aanraking met besmette vee was nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)